‘Spoedvraat’ van ʼn ander soort op kamera vasgevang

Foto: Facebook

ʼn Spoedkamera in Bocholt in die weste van Duitsland het ʼn ongewone spoedvraat vasgevang.

ʼn Duif is op die spoedkamera vasgevang teen ʼn spoed van 45 km/h in ʼn 30 km/h-sone. In normale omstandighede sou dit ʼn boete van €25 beteken het.

Die stad het ʼn foto van die vinnige duif op Facebook gedeel waar dit sedertdien soos ʼn veldbrand versprei het. Die foto is reeds in Februarie geneem, maar is nou eers gedeel.

“Of en hoe gou die duif sy boete van €25 gaan betaal, moet nog gesien word,” het die stad grappenderwys op Facebook laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann cb ·

Die duif sal nie eens vlugtig in die hof kan verskyn nie!

IK ·

Met my geluk sou ek met my voertuig ook in die prentjie gewees het en wat dan? Dalk moet mens hierdie bewysstuk bêre vir plaaslike gebruik?

Renier ·

Seker die Duifie hoef net vir die magistraat te koer en dié sal die boete ter syde stel. Hierdie bevoordeling steek mens dwars in die krop!

PaulV ·

Km/h Cherokee, net soos in die artikel aangedui word en ook bo-aan die foto (tweede lyn) – ‘045km/h’.

JSG ·

Dit is die spoedgrens in omtrent alle Europese dorpe of stede. 30 km/h.

Tienie ·

Duifie tel jou seëninge dit is in Duitsland want in Suid Afrika sou van jou pigeon pie gemaak word vir daai oortreding ?

Siener ·

Ons duiwe in SA het ‘n beursie vasggemaak op sy rug. As hulle gevang word is daar genoeg bride geld in die beursie om los te kom. “Money talks”—self by duiwe

Karolis ·

Meeste kommentaar is baie oulik met goeie humor bedoel.
Maak my dag aangenaam. Dankie julle.

SjN ·

Die rede wat aangevoer is dat die duif was laat vir sy belangrike meeting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.