Spotgoedkoop verloofring bring geluk

Skermgreep uit die video

Diegene wat altyd op soek is na ʼn winskopie, het ʼn verwagting vir ʼn seldsame vonds, en kan maar net hoop om op iets waardevol af te kom teen ʼn breukdeel van die waarde daarvan.

ʼn Vrou het ʼn uitstekende winskopie raakgeloop in ʼn liefdadigheidswinkel toe sy ʼn verloofring vir slegs £1 (sowat R24) gekoop het.

Ellie Paage (24), wat in bemarking werk, se video’s op TikTok is baie gewild. Dit is op dié netwerk dat sy haar verhaal gedeel het en die video is reeds meer as 8,8 miljoen keer gekyk.

In die oorspronklike video sê Ellie sy het ʼn “mal gevoel” gehad voor sy by die liefdadigheidswinkel ingestap het dat sy op “iets wonderlik” gaan afkom.

In die winkel was ʼn vrou reeds by die toonbank en het aan die winkelier gesê: “Hierdie is my verloofring. Ek wil dit nie hê nie, en ek wil ook nie enige geld hê uit die verkope daarvan nie. Ek wil niks met hierdie man te doen hê nie; ek wil niks van hom hê nie,” het die vrou gesê.

“Ek wil hê jy moet die ring vir £1 verkoop – en wie dit ook al koop, dit is hulle gelukkige dag.”

Ellie het gou gespring en die ring vir £1 aangeskaf. Sy wou dit graag laat waardeer, maar omdat dit ʼn vakansiedag was, moes sy wag.

In ʼn tweede video het Ellie laat weet die waardeerders het bevestig die stene is nie enigiets werd nie, maar die ring is wel goud. Hulle het haar £267 (byna R6 500) vir die ring aangebied. “Ek het dit verwerp en hulle gevra om dit vir my terug te stuur. Ek gaan ʼn tweede opinie kry. Mens sal dom wees om net die eerste aanbod te aanvaar.”

In reaksie op kykers wat wou hê sy moet die ring hou, het sy bygevoeg: “Ons het ʼn lewenskostekrisis in die Verenigde Koninkryk. Ek het daardie geld nodig. Wat mal is, is dat ek vier keer soveel op die skeppersfonds gemaak het. So ek het £1 spandeer aan hierdie ring, en wanneer ek dit verkoop het, sal ek ongeveer my maandelikse salaris ontvang het net omdat ek ʼn ring in ʼn liefdadigheidswinkel gekoop het!”

Kykers het Ellie geloof vir haar sensasionele winskopie. “Vrou, dis wonderlik!” skryf een persoon.

@elliepaage

WHAT A DAY #engagementring #mystery #ring #lucky #luck

♬ original sound – Ellie

@elliepaage

#ringgate is not over its only just beginning. tiktok i am 24 hears old #over18 #18

♬ original sound – Ellie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Faraway ·

Hierdie berig het my aan die dink laat sit . . .
MM waarom nie n “veilige blad ” stig vir enkellopendes nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.