St. Lucia-inwoners skater oor ‘seekoeitrein’

Die seekoeitrein in St. Lucia (Foto: Skermgreep uit video deur The Little Bush Baby Co./Facebook)

Inwoners van St. Lucia in KwaZulu-Natal is al gewoond daaraan dat seekoeie soms in en rondom die dorp gesien word.

St. Lucia is omring deur vleilande – die tuiste van sowat 800 seekoeie. Dié vissersdorp is geleë naby die iSimangaliso-vleilandpark.

Seekoeie speel ʼn noodsaaklike rol in natuurbewaring. Die ekosisteembalans word gehandhaaf danksy seekoeie se rol om oormatige plantegroei te verminder en die waterkwaliteit te verbeter.

Die Facebook-blad The Little Bush Baby Co. het onlangs ʼn video gedeel van vier seekoeie wat doodluiters deur ʼn parkeerterrein stap. Hulle noem dit die “seekoeitrein”.

A normal evening in ST. Lucia

Posted by The Little Bush Baby Co. on Wednesday, February 21, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SjN ·

Ek dink misdaad is verseker baie minder in daardie gedeelte waar hul beweeg.

Niklaas ·

Ons het een aand gesit in ‘n restaurant daar in die hoofstraat toe 2 aangestap kom en amper geskuur het teen ons , maar ons was hoër en buite bereik van daai slagtande. Hul het egter heel vreedsaam gelyk en niemand was in gevaar nie.

Charllas ·

Kyk daar is `n rede hoekom ek in Pretoria bly weg van die oulike pragtige seekoei’tjies….. die berig sou lees “mal vrou word deur seekoei opgeëet omdat hy seekoei wil “hello drukkie” …. maar kyk net daai oortjies en voetjies!!!! Hulle is so oulik! Ek love `n seeukoei’tjie! en die video het verseker my dag gemaak

LOUIS ·

Kyk daar. Moeder natuur gaan aan! Daar is geen karwagte betrokke nie, daarom word daar nie ingebreek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.