Standbeeld-flop lyk soos ʼn groot grap

Die resultaat van die “restourasie” (Foto: Antonio Capel Artista/Facebook)

Soms is dit beter om ʼn professionele persoon te vra om iets te doen …

ʼn Figuur op ʼn gebou in Spanje is die jongste kunswerk wat onder amateurhande deurgeloop het. Die standbeeld in Palencia is nou bykans onherkenbaar ná ʼn flop van ʼn restourasie.

Sosialemediagebruikers het met net soveel woede reageer as wat hulle ʼn bespotting daarvan gemaak het.

Die kunstenaar Antonio Guzman Capel het foto’s van die restourasie op Facebook gedeel. Volgens plaaslike berigte is die slagoffer van die “restourasie” ʼn figuur op die muur van ʼn gebou uit die vroeë 20ste eeu. Die figuur was eens die gesig van ʼn vrou wat glimlag langs vee. Nou is dit egter net ʼn kluit met twee oë en ʼn mond.

“Dit lyk soos die kop van ʼn strokiesprent-karakter,” het Capel geskryf. Volgens hom is die grootste misdaad die persoon wat die restourasie versoek het.

Spanje se vereniging van professionele restoureerders en bewaarders het die restourasie op Twitter veroordeel en gesê “Dit is nié ʼn restourasie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Nee wat ek kan beter. HAHAH

RS

Hahaha Dis nogal snaaks. Klink soos n storie uit SA.

Misky

Ha ha ha ha ek hoop nie hy is betaal vir daai flop nie

koos10

Dit lyk my die ANC het meer invoed op tenders as wat ek gedink het.
Die Spanjaarde kan egter by die ANC aankop vir ‘n verskoning, ek is seker hulle sal ‘n geskikte een kry.

Stefan

Ek dog eerlikwaar hulle het Trump se kop daarop gewerk.
Hahaha.