Stewige baba weeg byna 6kg met geboorte

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Pasgebore baba van Rajasthan, in die noorde van Indië, het behoorlik die oë laat rek met sy allemintige gewig van byna 6 kg.

The Daily Mail berig Goga Bai (25) het verlede Donderdag deur middel van ʼn noodkeisersnee geboorte geskenk aan die bulletjie van ʼn baba. Die babaseuntjie het 5.97 kg geweeg toe hy in die Shri Ganganagar-distrikshospitaal gebore is.

Die baba, wat nog nie ʼn naam het nie, het aanvanklik gesukkel om asem te haal weens sy stewige gewig, maar is nou in ʼn stabiele toestand. Dokters meen sy gewig kan toegeskryf word aan sy ma se gesondheidsprobleme. Bai is ʼn diabeet, ʼn siektetoestand wat tot uitermate groot babas kan lei.

Die baba het amptelik die land se rekord vir die swaarste pasgebore baba laat spat, maar dit is nie duidelik of die wêreldrekordtitel ook aan hom behoort nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter de Meyer ·

Dis n bulletjie…my seun is in 2009 gebore en het 5.52 kg geweeg. Hy is vandag al 6 jaar oud en mens sal nie sê dat hy groot was nie.

Nee, dis nie die vetste baba nie ·

Nee dis nie die swaarste pasgebore baba nie: The heaviest baby ever born was produced by Anna Bates of Canada in 1879, according to the Guinness Book of World Records. It weighed 23.12lb (10.48 Kg) and died 11 hours after birth. The record for a baby which survived, according to the Guinness record keepers, is held by a boy born weighing 22lb 8oz (10.34) at Aversa, Italy in 1955.Sep 25, 2009.

BoereBikerBaby ·

ag my moeder. hy is te pragtig, hy lyk soos ‘n ses maande baba teen die ander. ag ek sal te lekker speel met so bulletjie. Hy is te cute!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.