Stewige rekening vir ma wat op vliegtuig geboorte skenk

Skermskoot uit 'n video van die baba se geboorte op die vliegtuig.

Skermskoot uit ‘n video van die baba se geboorte op die vliegtuig.

ʼn Taiwanese vrou kan ʼn stewige rekening te wagte wees nadat sy op ʼn vliegtuig, wat van Taiwan na Los Angeles onderweg was, geboorte geskenk het.

Maroela Media het vroeër berig die ma het aan boord van China Airlines twee maande vroeg begin kraam. ʼn Dokter wat nog besig was met haar internskap en op pad terug was van haar wittebrood, moes noodgedwonge inspring om die baba in die lewe te bring.

Volgens ABC7-nuus oorweeg China Airlines se versekeraars om die vrou aanspreeklik te hou vir die koste vir die vliegtuig se noodlanding in Alaska om die gesondheid van haar baba te verseker. Die rekening kan glo tot $33 000 (ongeveer R450 000) beloop, hoewel die presiese bedrag nog deur die versekeraars bepaal sal word.

ABC7-nuus berig die ma het glo na Amerika gevlieg kort voor die baba se verwagte geboorte in ʼn poging om Amerikaanse burgerskap vir haar kind te verseker. Volgens ʼn Taiwanese koerant het sy kort voor die geboorte herhaaldelik vir die kajuitbemanning gevra of hulle al in Amerikaanse lugruim is.

ʼn Woordvoerder van Alaska se departement van maatskaplike dienste het gesê die kind sal in aanmerking kom vir Amerikaanse burgerskap aangesien dit die eerste plek is waar die vliegtuig aangekom het na die geboorte. Volgens onbevestigde berigte was die vrou reeds 36 weke swanger, hoewel sy beweer het sy was net 32 weke swanger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

shannon ·

So die eerste gebaar van die nuwe burger in haar nuwe land is een van oneerlikheid. `n Goeie fondasie filosofie – “If you can’t beat them then join them AND beat them”

Sollie ·

“Beweer” sy is net 32 weke swanger? Sover ek weet moet mens ‘n dr se sertifikaat hê om te bewys hoe ver swanger jy is as jy gaan vlieg – veral as jy reeds ver swanger is. Hulle het maar self opge-“slip” en waar gaan die tannie nou soveel geld vandaan kry? ai tog…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.