Stoutste pikkewyn van die maand aangewys

Nasionale Akwarium van Nieu-Seeland se “stoutste” en “soetste” pikkewyne van die maand (Foto: Facebook)

Die Nasionale Akwarium van Nieu-Seeland se “stoutste” en “soetste” pikkewyn van die maand het sosialemediagebruikers laat lag.

Die akwarium het besef die beste manier om hul pikkewyne hanteer is deur goeie gedrag te beloon. Elke maand word die “soetste pikkewyn van die maand” en “stoutste pikkewyn van die maand” aangewys.

Die akwarium se plasing die afgelope week op Facebook het sosialemediagebruikers lekker laat lag. Timmy is as die stoutste pikkewyn van Junie-maand aangewys, omdat hy vis gesteel en ander pikkewyne omgestamp het. Betty was egter die soetste omdat sy ʼn goeie swemmer is en geduldig vir vis gewag het.

Die akwarium het vinnig op Facebook bevestig dat hulle baie lief is vir Timmy, maar hy is ʼn gewoonte-oortreder. Hy het ʼn tuiste by die akwarium gevind nadat hy met beserings aangetref is op ʼn strand in Hawke’s Bay. Hy kon aan die begin nie loop nie, maar danksy behandeling deur sy eie chiropraktisyn kan hy weer loop en is lief vir swem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.