ʼn Student wat Japannese geskiedenis, insluitend ninja-kultuur, aan die Mie Universiteit in Japan studeer, het volpunte vir ʼn taak gekry wat sy oor ninja-kultuur ingedien het, al was daar niks sigbaar op die bladsye van die taak nie.
Eimi Haga, wat ook ʼn lid van die universiteit se ninja-klub is, het in ʼn nota aan haar lektor gesê om die bladsye van die taak te verhit. Die taak moes oor ʼn onlangse besoek aan ʼn ninja-museum handel.
“Ek het huis toe gegaan en die bladsye oor die stoof gehou,” sê Yuji Yamada, die lektor.
Haga het ʼn ou ninja-kuns gebruik deur van onsigbare ink gebruik te maak. “Sy het beoog om te bewys dat die metode werk en ʼn paar proeflopies gedoen. Ek was werklik beïndruk,” sê Yamada.
Die 19-jarige Haga het die onsigbare ink gemaak deur sojabone oornag te laat week. Sy het dit toe in ʼn pasta verander. “Ek moes drie verskillende papiere gebruik om die perfekte effek te kry,” sê sy.
As die papier te dun is, het dit verbrand wanneer sy dit verhit. As dit te dik is, absorbeer die ink nie genoeg om deursigtig te word nie, verduidelik sy. Haga het ook die taak met die hand geverf. “Gewoonlik gebruik ek maar ʼn rekenaar of ʼn pen vir my take,” sê sy.
Yamada sê dat Haga se taak die meeste ander studente se kreatiwiteit oortref het. “Gewoonlik kry ek take in die vorm van ʼn boekrol of in die vorm van ʼn ster gevou, wat ook kreatief is.
“Die gebruik van onsigbare ink is al voorheen in my klas bespreek is, maar ek sou nooit kon raai dat iemand dit werklik gaan probeer maak nie. Ek het nie die hele taak klaar gelees nie, omdat ek van die onsigbare ink en werk wou bewaar,” sê hy.
As jy die hoofberig lees klink dit na n Suid-Afrikaanse student.
Johan ek het ook so gedink! Dis mos hoe dit nou hier by ons werk! Kyk maar net na die gemors waarin ons self bevind.
???????????? Ek het ook so gedink.
Die opskrif het my laat dink dis weer een of ander Limpopo skandaal.
Ons het ook op skool Ninja ink gebruik om “geheime” briefies te skryf. Gewone suurlemoensap in ‘n vulpen. Om die boodskap te lees verwarm jy net die papier so ‘n bietjie teen ‘n bedlampie tot die skrif verskyn.
Intersant sou so graag sien met my eie oe.
Lag ek nou vir die kommentare maar moet bieg, ek moes die een lees om te sien waar in SA het die dom onderwyser die lee taak gemerk(hahaha) Maar daar is baie slimmer mense daarbuite. Wys net op watter vlak dink ons van ons land en kan nie kwalik geneem word nie, engeiets is moontlik in SA.
Stem saam met jou. Selfs die burgers dink nie meer veel van hul land nie.
Ek het ook een keer so ‘n taak ingedien met net ‘n kring (wat ‘n klip gesimboliseer het) en ‘n pyl wat wys in die rigting van die “klip” – met die woorde: “Die inhoud is onder die klip”. Toe ek my taak terugkry, het die lektor teruggeskryf: “Jou punte is ook onder die klip”.
Lekker lag ek nou!!! In my wiskunde eksamen vrastel waar jy × moet + y en z ens was my antwoord = alfabet! My onderwyser het ook glad nie gedink ek is snaaks nie!! (hahaha)