ʼn Vrou word geloof vir haar toewyding om die oomblik te verfilm toe haar suster verloof geraak het.
Therese Merkel, van Wisconsin in die VSA, het van haar voornemende swaer se planne te hore gekom om haar ouer sussie, Rachel, die jawoord te vra. Sy wou nie haar verrassing verklap nie, en het in ʼn bosagtige vermomming weggekruip.
“Suster het hierdie naweek verloof geraak en ek het soos ʼn bos aangetrek om die oomblik te verfilm,” het Merkel op Twitter geskryf. “Al verskil ons net ʼn jaar; is ons lewens baie verskillend.”
In die foto’s van die verlowing van haar sussie en Andrew Philibeck by Picnic Point in Madison, is Merkel te sien in ʼn kamoefleerpak, wat gewoonlik deur skerpskutters gebruik word.
“Jou ouers moet baie trots wees,” het een persoon geskerts. “Ek is seker hulle is ook trots op jou sussie.”
Ander Twitter-gebruikers het familie en vriende gemaan om kennis te neem en iets soortgelyk vir hul eie verlowings te beplan.
Ek het in 1991 onder die tafel in die opwas weggekruip toe my swaer my pa-hulle gevra het om met my sussie te trou.. my ma het dit agter gekom toe sy kom koffie maak, so sy het dood stil gebly. Ek het hom na die tyd goed gespot omdat sy senuwees so klaar was… en hulle is presies 2 maande later getroud. Nou nog gelukig getroud…
Ag nee wat… gee bietjie privaatheid vir daardie oomblik in ‘n mens se lewe asb!
Ag ou MJ, moenie so ‘n ou suurknol wees nie. Die lewe is ernstig genoeg en vol allerhande negatiewe dinge. Wat van ‘n bietjie pret? dis nou nie of hulle “iets” gaan doen wat ander nie mag sien nie?????
Ha ha dis oulik
Wie het die foto van haar (die foto graaf) in die bos geneem of was dit n selfie
Vrae maar net
Groete
Weet nie hoe lyk die VSA se bosse nie, maar daardie lyk meer na ‘n jong natgereënde volstruis as ‘n bos.
Ha ha ha ha ha ha!