USA Today berig Allison Ardolino Dinkelacker is in 2009 toe sy 30 weke swanger was met haar eerste kind, met borskanker gediagnoseer. Sy moes dadelik met chemoterapie begin en haar seun is op 31 weke met ʼn noodkeisersnee in die lewe gebring.
Ses jaar later was Allison kankervry maar sy nie weer swanger word nie. Haar identiese tweelingsuster, Dawn Ardolino Policastrol, het dadelik aangebied om as surrogaatma vir haar suster op te tree. Die seuntjie, Hudson William Dinkelacker, is op 5 Augustus vanjaar gebore.
Die twee susters het kort voor die baba se geboorte ʼn fotosessie gedoen. Die foto’s is deur die fotograaf op Facebook gelaai en het vinnig soos ʼn veldbrand versprei.
“Hoe kan ons begin om jou te bedank vir die geweldige vrygewigheid en opoffering wat jy so gewillig hierdie laaste paar maande aan ons geskenk het?” het Allison oor haar suster se gebaar geskryf. “Jy het nie net vir ons ‘n wens van die afgelope ses jaar waar gemaak nie, maar ‘n hele nuwe lewe en ‘n gesin van vier gegee wat ons nooit gedink het ons sal hê nie.”
What a lovely true story of unselfishness. Wishing you all a wonderful future. Enjoy baby?
fantastico