Suster surrogaat vir tweeling na kankerstryd

Allison Ardolino Dinkelacker en Dawn Ardolino Policastrol. Foto: Allison Rose Photography/Facebook

Allison Ardolino Dinkelacker en Dawn Ardolino Policastrol. Foto: Allison Rose Photography/Facebook

Tweelinge het volgens baie mense ʼn spesiale band en vir Dawn en Allison, ʼn tweeling van New York in die VSA, het die band heel moontlik nog hegter geraak nadat een van die sussies vir die ander as ʼn surrogaat-ma opgetree het.

USA Today berig Allison Ardolino Dinkelacker is in 2009 toe sy 30 weke swanger was met haar eerste kind, met borskanker gediagnoseer. Sy moes dadelik met chemoterapie begin en haar seun is op 31 weke met ʼn noodkeisersnee in die lewe gebring.

Ses jaar later was Allison kankervry maar sy nie weer swanger word nie. Haar identiese tweelingsuster, Dawn Ardolino Policastrol, het dadelik aangebied om as surrogaatma vir haar suster op te tree. Die seuntjie, Hudson William Dinkelacker, is op 5 Augustus vanjaar gebore.

Die twee susters het kort voor die baba se geboorte ʼn fotosessie gedoen. Die foto’s is deur die fotograaf op Facebook gelaai en het vinnig soos ʼn veldbrand versprei.

“Hoe kan ons begin om jou te bedank vir die geweldige vrygewigheid en opoffering wat jy so gewillig hierdie laaste paar maande aan ons geskenk het?” het Allison oor haar suster se gebaar geskryf. “Jy het nie net vir ons ‘n wens van die afgelope ses jaar waar gemaak nie, maar ‘n hele nuwe lewe en ‘n gesin van vier gegee wat ons nooit gedink het ons sal hê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marie Potgieter ·

What a lovely true story of unselfishness. Wishing you all a wonderful future. Enjoy baby?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.