Sy dog dis nierstene, toe’s dit ʼn drieling!

Die drieling (Foto: Dannette Giltz/Facebook)

ʼn Vrou van Suid-Dakota in die VSA wat onlangs geboorte geskenk het aan ʼn drieling, sê sy het eers van die swangerskap gehoor toe sy hospitaal toe is met, wat sy gedink het, nierstene.

Dannette Giltz (30), van Sturgis, het op 10 Augustus geboorte geskenk aan die drieling. Alhoewel sy reeds twee ander kinders het, het sy nie besef sy is 34 weke swanger nie. Toe sy pyn begin ervaar, het sy gedink dis nierstene – iets wat sy al vantevore gehad het.

Die dokters het egter die nuus gedeel dat sy besig is om te kraam – boonop drie babas. Die drieling is binne vier minute gebore. Elkeen het ongeveer 1,8 kg geweeg. Die babas se name is Blaze, Gypsy en Nikki.

Giltz het op Facebook gesê sy het nooit oggendnaarheid gehad nie en het ook nie die babas voel beweeg nie.

‘n Vriendin het intussen ‘n fondsinsameling vir die gesin op Facebook begin.

https://www.facebook.com/bigDgiltz/posts/10156812141982029

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Alida X ·

Dit kan nie waar wees nie. Haar buik moes tog vol gevoel het.
Hoe groot het sy gedink is ‘n niersteen?

Alida M ·

Nie altyd nie…….. ek was 8 en ‘n half maande swanger voor ek enigsins begin wys het ek is swanger. Niemand het geweet behalwe ek en my man nie. My broer se vrou het 3 ling verwag en ook eers op 36 weke begin wys.

Yolanda Beukman ·

Jy verwag ‘n 3ling en begin op 36 weke eers wys???? Wow. Gewoonlik is drielinge dan al gebore. Amazing…. Hul was seker piepklein..

Saartjie ·

Ek weet nie of ek so maklik hierdie een glo nie. Een baba sal ek nog met ‘n knippie sout daarby verorber want sommige vrouens dra klein met hul eerste baba, met die tweede begin hul al wys. Hierdie vrou het al twee kinders gehad, so niemand sal my vertel sy het nie groot (soos in huge) gedra nie. Bietjie dik vir ‘n daalder. Saam het daardie kinders bykans 5.4 kg geweeg. Nee nee, koop nie hierdie een so maklik nie, nie ‘n drieling op 34 weke nie.

Pop ·

Ek sluk dit ook nie, tensy sy erg oorgewig is, dat die ekstra nie gepla het nie. Onder die lae vet sal jy mos nie weet wat aangaan nie

Kathy ·

Dis moontlik dat sy nie geweet het nie. My skoonsus is gesê dat sy ‘n spastiese dikderm het. Gee simptome van swangerskap gehad nie. Baba is 9 maande later gebore volmaak en het 3,2 kg geweeg. Sy was die Saterdag voor su geboorte by ons gewees. In n gewone romp en t-hemp en geen teken dat sy swanger is nie. Die Dinsdag is die baba gebore.

Ora ·

Moeilik om te glo aangesien daar tog ander biologiese tekens in/aan die vrou se liggaam is behalwe oggendnaarheid en groter buik…

Maureen Vermaak ·

Ek verstaan daar is al baie mense wat nie geweet het hulle is swanger nie maar ek will tog vra….jou borste is mos seer en die baba beweeg mos? Hulle moet dit tog voel of hoe? Dis mos iets wat nie normaal is nie. As die baba skop en beweeg jy kan dit mis voel en sien?

Alta ·

Mense dis n wonderwerkie man hoekom sal sy nou wil nonsens praat daar oor, rerig party mense wil net altyd ietsi sleg se……Ai

Bridget ·

Stem 100% saam met jou Alta absolute wonderwerk en hulle is gesond

Linda van Mosselbaai ·

Wat ‘n groot geskenk is dit nie – weet net nie of my hart dit sal gehou het nie!
So bly almal is gesond !

Jeana ·

Ek glo dit kan gebeur. Veral in vandag se tyd is die stres vlakke hoog. Mens lewe klaar verby mekaar. Alles is gejaag. Hormone deurmekaar. Daar baie faktore. Net bly babas is gesond!

Strandloper ·

Mmmmm lyk my dis n algemene ding in ons land ook …dit verduidelik die derduisende kaders….

Strandloper ·

Dit moet n algemene ding wees…kyk net om jou rond….

anon ·

Ek dink hier is dit soos julle se algemeen….. sien gereeld oor babas in asblikke op vullishope…seker dieselfde rede dalk nie geweet nie….

Blommetjie ·

Mmmm….pragtige babas! Kan nog net nie verstaan hoe jy nie kan weet nie…..maar ewenwel, kinders is ‘n seen!

Jozi ·

Grootste twak ooit!
Daar is geen manier hoe iemand NIE kan weet van die swangerskap nie. En dan is dit in hierdie geval drie klein babatjies.
Kan enigiemand so dom wees?

zeno ·

Ag! asseblief. Niersteen pyne en kraam pyne is verwyderd van mekaar.Het ondervinding daarvan. Ek glo nie die storie nie!!!!

Wielspore ·

Dit word genoem VSA sindroom, jy kan hulle niks vertel, hulle vertel jou alles, die vreemdste goed gebeur in daardie land en dan wil hulle die wêreld laat glo dit is waar.

Yolanda Beukman ·

Grootste snert ooit. Ek ht ‘n drieling verwag. Op 16 weke ht verskeie mense gevra of ek naby kraam is. Drie babas beweeg nie, hulle kriewel so dat jy nie kan asemhaal of slaap nie. Op die einde kan jy skaars loop. 5.4 kg baba plus ekstra bloed plus ‘n hengse stuk plasenta en jy vermoed niks. Snert snert snert. Meerling swangerskap veral 3linge ht vreeslike risiko’s. Nou is daar weer ‘n fondsie gestig om te help. Sy ht waarskynlik clomids gedrink vd wonderwerk niersteen. Artikels soos die laat my woedend….

Nettie ·

@Yolanda Beukman – en as ek jou vertel dat EK swanger was en dit nie geweet het nie, net tot voor ek gekraam het? Is dit dan nog ‘n wolhaarstorie?

A.g.v. my groot lyf en my groot pens wat ek as kind al gehad het, asook my maandstondes wat gereeld ‘weggeslaan’ het, was niks vreemd nie. En ek was gewoond aan die “beweging” van my spastiese kolon …. wat toe niks anders as ‘n 4,9kg babaseun was, wat my heeltemal onkant betrap het. Daar was nie eens die breek van water e.d.m. nie; die rugpyn en krampe was iets waaraan ek al gewoond was, so net toe dit nou REGTIG ondraaglik begin raak, is ek dokter toe. ‘n Uur later, lê ek met hierdie bulletjie van my in die arms en wonder “wat-de-duiwel-nou?”.

Annetjie ·

Ek dink ook dis n wolhaarstorie mens kan voel as die babas binne beweeg
Maar pragtige babas

Docpietza ·

Amerikaanse snert. Of geweldige lae IK .
Shame darem die nuus gehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.