Sy mousse nie…

Die foto van die vrou wat op sosiale media gedeel word

Die foto van die vrou wat op sosiale media gedeel word

ʼn Vrou van Oos-Europa moes na ʼn hospitaal gaan nadat sy isolasieskuim, in plaas van mousse, in haar hare gebruik het.

Die foto word wyd op sosiale media gedeel.

Daar is egter nie veel inligting oor die vrou beskikbaar nie.

Die doen-dit-self-produk het verhard en in haar hare vasgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elaine Roos ·

Kyk ek sou nou maar eerder die hare afgeskeer het en die hemp weggegooi het. Nie uitgegaan het vir almal om my te sien nie.

Yvonne ·

Ai hoe lekker lag ek nou, sal mooi op my mouse botteltjie moet kyk voor ek weer aansit he he

Paul ·

Die isolasieskuim is ‘n produk wat vreeslik baie uitsit, binne ‘n klompie sekondes nadat dit uit die kannetjie gespuit is, en dan word dit kliphard. Daar gebeur ‘n chemiese reaksie nadat dit met lug in aanraking kom, maar dit vat so paar sekondes voordat die reaksie goed posvat.

Mens spuit slegs ‘n gholfbalgrootte klompie skuim uit die blik en dit sit uit totdat dit so groot soos ‘n sokkerbal is ná vyf of tien sekondes, en dan word dit hard.

Met ander woorde, sy het waarskynlik ‘n normale hoeveelheid vir “mousse” op haar hare gespuit voordat dit begin uitsit het en toe was dit reeds te laat.

BoereBikerBaby ·

miskien het haar kinders met haar ook ‘n poets gebak – myne doen dit gereeld. dis flippen snaaks!

Pierre Celliers ·

Arme vrou! Sou graag ‘n vlieg teen die muur wou wees toe dit gebeur, en haar reaksie sien.

Fanie ·

Shame, sy lyk so verwese. Ek wonder of iemand haar nie dalk ‘n poets gebak het nie. Sy lyk nie na die tipe wat haarmouse gebruik. Dalk Kleinkinders streke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.