Tannie se foto’s met bekendes laat dorp eers kopkrap

Maria Snoeys-Lagler se foto-album

Inwoners van Mortsel in België was verstom toe hulle op ʼn skatkis van ou foto’s van bekendes afgekom het in ʼn onbekende vrou se foto-album.

Die album is in die Opnieuw & Co.-tweedehandsewinkel gevind en aanvanklik het niemand geweet wie die vrou is wat saam met die bekendes in die foto’s verskyn nie.

Die vrou het saam met Hollywood se grootste sterre in die foto’s verskyn en dit is boonop foto’s uit die 1990’s wat nog nooit vantevore gesien is nie.

Tydens ʼn soektog het een persoon ʼn naamkaartjie in een van die foto’s opgemerk en ontdek die vrou is ʼn voormalige lid van die Hollywood Foreign Press Association (HFPA), Maria Snoeys-Lagler.

Die HFPA was aanvanklik ʼn klein groepie joernaliste wat vermaaknuus gedek het. Die organisasie het gegroei en uiteindelik toekenningsgeleenthede en die Golden Globes aangebied.

Hier is Maria saam met ʼn paar van die bekendes uit haar foto-album en klik hier as jy nog foto’s wil sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

MM, daar is n foto wat julle spesifiseer dat sy saam met Kevin Costner staan, maar dit is verkeerd. Sy staan saam met Harrison Ford. Die laaste foto is sy wel saam met Kevin Costner.

Chris ·

Wonder regtig wie die antie was. Sy was seker erg beroemd want wie is al die mense wat saam met haar afgeneem is? Op elke kiekie is daar iemand anders.

Niklaas ·

Sy was ‘n joernalis en dus het sy sekerlik onderhoude met die bekendes gevoer. Die feit dat hul duidelik so vriendelik en liefdevol interaksie het , mag dalks te wyte wees aan gunstige en vleiende beriggewing . Puik publisiteit en reklame is van groot waarde , vir al vir diegene in die vermaaklikheidsbedryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.