Teerpad verdwyn oornag

Argieffoto: Pixabay

Polisieowerhede van die Chinese kusdorpie Jiangsu is onlangs deur bekommerde inwoners na die Suqian-nedersetting in dié dorpie ontbied nadat ʼn stuk teerpad van 800 m lank en 3,5 m breed oornag verdwyn het.

Volgens die South China Morning Post kon inwoners nié uitpluis hoe ʼn yslike stuk teerpad letterlik oornag kon verdwyn nie.

Volgens die polisie het een getuie glo tydens die ondersoek aan die owerhede gesê dat hy een van die inwoners van die dorp, glo net geïdentifiseer as Zhu, die vorige aand met ʼn rommelvragmotor in die omgewing sien ry het.

Zhu het glo aan die getuie gesê dat hy nie werk het nie en al vir ʼn geruime tyd dink aan ʼn manier om geld te maak, en dat hy glo onlangs met ʼn “slim idee” vorendag gekom het.

Zhu het na bewering aan die getuie gesê: “Die pad word al vir ʼn geruime tyd nie gebruik nie, so ek het gedink om die pad net op te grawe en dan die stukke te verkoop.”

Die polisie het glo uiteindelik vasgestel dat Zhu wél ʼn masjien en verskeie vragmotors gehuur het om die pad deur die nag in stukke op te breek. Hy het bykans 500 ton beton aan ʼn besigheid verkoop teen $1, 60 (R19,40) per ton.

Zhu is volgens die South China Morning Post vir diefstal in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vonkprop ·

Hierdie storie maak nie sin nie. Die knaap het nie werk nie, maar gaan huur ‘n masjien en vragmotors, met watter geld? Hopelik ‘n kontrak geteken vir betaling. Tweedens, die dorpie word wakker die volgende dag en weet van niks. Het die trokke en masjiene dan geen geraas gemaak nie? En laastens, hy verkoop 500 ton en maak nie eens R10 000 nie. So hoeveel gaan hy uithê nadat hy almal en alles betaal het?

Albaster ·

Dis niks. Die ANC in die Vrystaat en Mpumalanga laat baie langer stukke teerpaaie op n baie groter skaal verdwyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.