Tesco adverteer ongewone pos

Foto: goodhousekeeping.co.uk

Foto: goodhousekeeping.co.uk

Die Britse kettingwinkelgroep Tesco is op soek na ʼn persoon wat verstrengelde Kersliggies met ʼn glimlag kan ontknoop.

Dié pos vereis ʼn persoon met baie geduld en uithouvermoë en met ʼn passie vir Kersfees. Die ideale kandidaat sal ook 3 m-lange Kersliggies in minder as drie minute moet kan ontknoop.

Dié pos is die eerste van sy soort in Brittanje se geskiedenis en die persoon sal in die noorde van Wallis gestasioneer wees.

Die “ontknoper” sal ongeveer 60 stelle liggies per dag moet kan ontrafel.

ʼn Woorvoerder van Tesco het gesê hulle het met dié pos vorendag gekom om mense se frustrasies tydens die Kerstyd  ʼn klein bietjie te verminder.

Dié diens word gratis verskaf en kliënte wat eerste kom sal voorrang geniet.

Sal jy dié pos kan vul? Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

EMK ·

Sulke geknoopte kersliggies is omtrent ‘n tameletjie. Ek koop sommer nuwes as om te sukkel sowaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.