Tien seuns, en toe (uiteindelik) ʼn dogter

Alexis Brett en Cameron (Foto: LesWilson.com)

David Brett (44) en Alexis (39) van die Skotse Hoogland se baba Cameron is 13 dae gelede gebore.

Hulle het reeds 10 seuns: Campbell (17), Harrison (16), Corey (14), Lachlan (11), Brodie (9), Brahn (8), Hunter (6), Mack (5), Blake (3) en Rothagaidh (2).

Hulle het op Oukersaand gehoor Alexis is swanger toe sy langer gesukkel het om gesond te word ná ʼn verkoue die gesin platgetrek het. Sy het ʼn swangerskaptoets gedoen en ontdek sy verwag haar 11de kind.

Hulle het besluit om vooraf ʼn skandering te doen om die geslag van die baba te bepaal en was verheug om te hoor dit is ʼn dogtertjie. Die egpaar hou egter vol hulle het nie “aanhou probeer” vir ʼn dogtertjie nie. “Ek het gedink dit sou nog ʼn seun wees!” het Alexis gesê. “Ek was geskok, maar verheug. En nou is sy hier. Dis ʼn wonderlike gevoel!”

Cameron se ouer boeties help graag. “Hulle wil haar vashou en help om haar te voed; dis wonderlik!” sê David.

Die gesin woon in ʼn vyfslaapkamerhuis.

Volgens Alexis is dit beslis hul laaste baba. “Daar sal nie nog wees nie. Ek het dit laas ook gesê, maar hierdie keer bedoel ek dit regtig. Ek is lief vir my gesin net soos ons nou is.”

Alexis is glo “immuun” teen meeste geboortebeperkingsmedikasie en oorweeg nou sterilisasie.

Lees ook: Mirror, Metro

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Sanet ·

Die pa lyk so “ecstatic” op die foto’s. Jô. Dis bietjie baie kids….. Hulle het die term “‘n hele rugby span” duidelik ter harte geneem. :-)

Elizna ·

Ummm blonde hare is amal beslis nie…boy vir haar blom.. 3rd time lucky was ek

Nika ·

@ Elizna, die ma is nie natuurlik n blonde nie so al die kinders sal nie blonde wees nie.

Jiembo ·

Nou wat is fout met baie kinders? Ek is een van 12 en die tweede jongste. As my ma en pa op nommer 10 gestop het, was ek nie hier nie. Ek is nou amper 70 en 10 van ons leef nog.
Net een groot vreugde!

Hanlie ·

Ek het 4 kinders en elkeen is n seëning. As ons elkeen dalk meer as 1 of 2 gehad het in die 70, 80, en 90’s was ons dalk nie nou in die minderheid in ons land nie.

Anoniem ·

Dis ‘n pragtige gesig. So raar dat dit die koerante haal. Moet lekker wees om deel van so groot gesin te wees. Altyd “Die Brady bunch” baie geniet

Solly ·

Hoop jou geldsake is reg broer………hierdie 11 groot te maak gaan jou mijoene kos!!!!

Saartjie ·

Dis Skotland, Solly, pa en ma is heel moontlik ‘on the dole’ (want hulle moet by die huis bly om die kleintjies te versorg) en hulle kry toelaes vir elke kind.

KrokodilBotha ·

10 uit 10 vir aanhou probeer. En toe koop pappa n trampoline. Dis die grootste wit familie wat ek nog gesien het. Uitstekend

Leon ·

Genade, ek sou al by die derde een die buise laat afsny het. 11 Kinders, dis belaglik. Wat wil jy met soveel kinders maak? A nee a.

Adriaan ·

Joh, nee kyk, pappa en mamma het gewoeker hehe. Ernstig nou, dis PRAGTIG. Indien mense kans sien om soveel kinders groot te maak, gaan vir dit! Maar ook bygesê, dis Skotland. Twyfel sterk of dit so goeie idee sal wees hier lieflike, veilige SA… Ek en my vrou is ongelukkig kinderloos, maar het onsself voorgeneem om met ‘n gesin te begin sodra ons vroeg aanstaande jaar is Australië gevestig is. Want ‘n kind wil ons nie in hierdie hool groot maak nie.

Katryn ·

Baie geluk pragtige gesin goed versorg seker hulle kry nie staats toelae nie

Alice ·

Ek het 10 jaar in die UK gebly en ook my kinders daar gehad. Almal kry n maandelikse staatstoelaag vir elke kind tot hul 18 jaar oud is ongeag jou finansiele welstand aldan nie.

Maggie ·

Nee Alice,ek stem nie saam nie.Ek bly in Skotland,het kinders en kry nie ñ toelae nie.ñ Mens moet aan sekere vereistes voldoen en aansoek doen vir ñ toelae.Dis nie sommer net daar vir almal nie.Ek glo wel dat as ñ mens so ñ groot gesin het,jy aan genoeg vereistes voldoen om te kwalifiseer vir sekere toelae.Nie almal wat toelae kry,kry dieselfde bedrae nie en ook nie vir dieselfde redes nie.

Cora Simpson ·

Ek was een van 10 en my pa het gese probeer vir meer want dis “Cheaper by the Dozen”
So ‘n pragtige familie. Veels geluk!!

Jan ·

Haar naam kon Elna gewees het….. want sy werk hard. Die man is seker skatryk. …

Lindtjies ·

In sekere lande help hulle mos die ouers as hulle so baie kinders het. Hoe moet daardie arme vrou se liggaam nie voel na al die geboortes nie.

Danie ·

Dit klink en lyk dat haar liggaam dit besonders goed hanteer. Sy het die besluit gemaak vir om nog ‘n kind te hê.

Christy ·

as almal meer as een of twee kinders het sal dit beter gaan .. en hier sal ek ophou tik.. n goeie begryper het n halwe woord nodig

Rudi Heymann ·

My oupa en ouma Botha het nege dogters gehad, en hulle tiende kind was ‘n seun. Hulle laaste telg.

Wielspore ·

Ek haal my hoed af vir albei die ouers, ons was 4 seuns in die huis en dit het maar rof gegaan, hier van tiener jare moes jy jou man staan, al moet jy die vuiste inlê.
My ma het altyd gesê, as jy nog nie 4 seuns groot gemaak het nie, dan weet jy nie wat dit is om seuns groot te maak.

Positief ·

Dis great dat mense kans sien vir so baie kids! Wat is fout met baie kinders? Ek sal n rugby en netbal span hê as ek dit kon bekostig. Love groot familie! Daar is niks lekkerder as groot familie byeenkomste

Nico ·

Pres.Paul Kruger het 16 kinders gehad en Generaal C R De Wet het ook 16 gehad. Ai, die stomme vrouens !!

Nella ·

Ons was 6 sussies, ouderdomme 15, 14, 12, 10, 9, 7 toe my boetie gebore is. Ma en pa het probeer en het na my (no 6) gestop. 7 jaar later is hy gebore, klink my dit was n glips.

TJ ·

Ek moet sê ek dink dis wonderlik om ‘n groot gesin te hê, maar meeste van dié gesin lyk nie baie gelukkig op die foto’ s nie. Hoop maar almal kry êrens soms bietjie aandag…

AmY ·

Ek sien ‘n gróót bederf kom. Daai jonge dametjie gaan almal om haar fyn pinkie draai.
Ek glo hulle gaan haar geniet.

Niklaas ·

Daai ouers is baie geseend. Wonder net of hul staatshulp kry ? Dink net hoe hoog hul besteding en uitgawes aan skoolfondse en voedsel aankope moet wees.

Boer ·

Ken ‘n vrou. Een van 18 kinders. Almal dieselfde pa en ma. Tweelinge onder andere. Geen probleme.

Helien ·

Baie geluk is pragtige kinders en mooi versorg. Weet nie of ek kans sien vir soveel kinders niie maar dink dit moet lekker wees om so n groot gesin te he.

Aitog ·

Nee o hel – het die mense dalk al gehoor van die aarde is OORBEVOLK?

Mens sou dink eerste wereld lande se mense weet van beter….

Alta ·

Die pa lyk vir my maar moeg en die jongstes huilerig! Sterkte vir hulle!

Julius ·

Ek is nommer vier van tien kinders en daar is niks so lekker soos ‘n groot gesin nie. Het ook nou ‘n vriend hier wat by ses trek en lyk nie of dit die laaste is nie.

RHG ·

Ek het die berig op Google nuus gesien. Die pa is ‘n treindrywer. Die ma het gesê hulle kry geen finansiële bystand nie en lewe goed. Sy handhaaf goeie orde in die huis en stofsuig tot sewe maal per dag. Hope wasgoed elke dag. Netjiese vrou.
Dis ‘n pragtige klompie! Pa lyk egter bietjie moeg. Boeties is mal oor die nuwe sussie.
Ek wonder hoe hul etenstafel elke dag lyk. So ‘n huishouding verg organisasie!

RHG ·

Ek het die berig op Google nuus gesien. Die pa is ‘n treindrywer. Die ma het gesê hulle kry geen finansiële bystand nie en lewe goed. Sy handhaaf goeie orde in die huis en stofsuig tot sewe maal per dag. Hope wasgoed elke dag. Netjiese vrou.
Dis ‘n pragtige klompie! Pa lyk egter bietjie moeg. Boeties is mal oor die nuwe sussie.
Ek wonder hoe hul etenstafel elke dag lyk. So ‘n huishouding verg organisasie!
Hulle koop elke paar weke do drie pare skoene. Geen “hand-me-downs” nie. Elke kind kry sy eie klere. Hulle is nie arm nie.

n feit ·

My oupa aan pa se kant was deel van 23 kinders.
Daar was tweelinge en ook babas wat dood is met geboorte. 22 Seuns en een Dogter. Ek myself het die dogter en oupa en een broer geken. Die res net van gehoor. Dit was een ma en pa.

SoosDitIs ·

n hele paar jaar terug, ja, gaan mal, maak 50 kinders as jy wil.. Maar goeie genade, mens waag nie meer as een he hier in SA nie, die lewe is so duur.

Ek is seker hulle het nie nodig om familie byeenkomste by te woon nie, hulle is n partry op hulle eie :)

SjN ·

Dink net om vir almal kos voor te berei, hulle het guts, sterkte

cr ·

Ek dink sy het so baie kinders omdat sy so begeerlik en mooi is.

Alta ·

Sjoe, dit wil gedoen wees. As dit almal voltermyn swangerskappe was, was die mamma net so oor die agt jaar van haar lewe swanger.

VanAfrika ·

Julle wat so kla oor groot families, die blanke nasie is reg deur die wêreld besig om uit te sterf, so erg dat ons al op extinct is. Ons het afgeskaal na twee kinders per familie want dis mos goedkoper en is besig om ons self uit te wis met die hulp van die wat ons ook nog uitmoor. Dalk moet die volgende generasie begin plan maak en meer kinders hê sodat ons weer 1 tot 1 met ander nasies kan wees anders gaan ons, ons eie “downfall” beteken.

Ek kom uit na familie van agt, een seun wat die oudste is en dan het sy sewe sussies gevolg. Ons oudste sussie is in 1995 oorlede. Ek sal dit ook op geen ander manier hê nie want ons hou groot wees op verjaardae en kerstye en sommer tussen in ook. Ons hoef nie eens buitestaanders te nooi nie want dit lyk soos een groot byeenkoms wanneer ons bymekaar kom, en dit is baie gereêld. So moenie julle neuse optrek vir groot families nie, ons het meer “fun” as julle wat net vir julle boetie of sussie kuier.

Sam ·

Pragtige kommentaar. Ons eerste opdrag was ‘heers, en vul die aarde’!

Pragtige, skatryk gesin.
Nooit sal een van hul eensaam wees nie.

Lou ·

Nee man kan die mense nie ‘n TV koop of ander vermaak kry nie. Goeiste 10 kinders in vandag se tyd is baie en baie duur om almal groot te kry en geleerdheid te gee.

Kobus ·

Lyk of hulle die opdrag van “Gaan…vermenigvuldig en vul die aarde” as n persoonlike projek hanteer het!…
Pragtig!,……

Cathy ·

Julle .. relax… mense het tot so 50 jaar terug nog BAIE kinders gehad….

Transvaalse nooi ·

Kinders is n kroon op die huwelik, n seěn van God.

Magaretha van Heerden ·

Ek hoop almal verstaan dat babas kry n besigheid is wat goed betaal in die UK. Twyfel of die pa of die ma werk. Die byvoordele is so goed dat dit nie nodig is om te werk nie. Word betaal vir elke kind. Geen mediese onkoste. Verblyf word gegee.So kan mens aangaan. Dit sal baie snaaks wees as hulle n uitsondering is.

RHG ·

Die pa verdien volgens ander berigte ‘n goeie salaris as treindrywer, Margaretha. Daar is spesifiek gesê dat hulle geen geldelike hulp kry of nodig het nie. Hulle het twee voertuie. Pa neem 5 kinders op ‘n keer op uitstappies. Daar is nie vir hulle vakansies nie. Dit gaan goed met die mooi gesin.

Daniel Elardus Erasmus. (Elardus) ·

Ek en my vrou het amper net soveel kinders soos die Skotse paar. Om hulle groot te maak was die grootste vreugde in ons lewe en die Kroon op ons huwelik. Met aan getroude kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. In totaal is ons sewe-en-veertig. Almal wat selfstandig is werk vir hulself en lewe goed in hierdie “slegte” land met al sy moeilikhede. Per geleentheid wat ons almal bymekaar was bekyk ek die klomp so en besef met n skok dat ons lewe baie armer sou gewees het as net een nie gebore was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.