Tiener beseer toe skaap op hom val

Foto: Mourne Mountain Rescue Team

ʼn Tiener van Ierland is beseer toe hy in die Mourne-bergreeks in County Down gestap en ʼn skaap skielik op hom geval het.

Die seun het saam met vriende naby Hares Gap gaan stap toe hy skielik getref is deur ʼn skaap wat van ʼn nabygeleë hoogte afgespring het.

Mourne Mountain Rescue Team is na die toneel ontbied en die tiener aangetref met moontlike beserings aan sy kop, nek, rug, maag en bene.

Hy is met ʼn draagbaar van die berg verwyder en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die skaap is vermoedelik ongedeerd en het sonder enige hulp die gebied verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andries Visagie ·

Dis sowaar net “BAAA-AAD”, ek is nie seker julle mors nie net mê-t ons nie.

Johann cb ·

Sjoe, lyk of skape nou ook nege lewens het! Hoop die tiener word gou gesond!

Gertryda ·

Die arme outjie het sy tjops gehad
Bly die skaap is ongedeerd
Hoop die kind word gou gesond

Justice ·

Nou kan ek verstaan wanneer mense se dat hulle nie van skaapaval hou nie.

Klaas Waarsegger ·

Verlig ek hoef nie die storie aan my baas te vertel nadat ek Maandag nie vir werk opgedaag het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.