Tiener jaag met motor in huis vas, ry weg met voordeur

(Foto: West Yorkshire-polisie/Twitter)

ʼn Tiener is in die Verenigde Koninkryk in hegtenis geneem toe hy in ʼn huis vasgejaag en met die voordeur weggejaag het.

Volgens die West Yorkshire-polisie het die 18-jarige Vrydagaand eers teen ʼn ander motor gebots voor hy in die voorstoep van ʼn huis in Dewsbury vasgejaag het. Die voordeur het in sy Audi se windskerm vasgesit, maar hy het – met die voordeur – weggejaag.

Die polisie het gesê hy het ʼn paar meter ver met die deur in die motor gery toe hulle ʼn foto van die ongeluk op sosiale media gedeel het. Die tiener is in hegtenis geneem op aanklag dat hy ongeskik is om te bestuur weens dwelmmiddels of alkohol.

Die plasing het verskeie reaksies uitgelok. “Ek het al van ʼn sondak gehoor, maar nog nooit ʼn sondeur nie!” het een gebruiker geskerts. “Hy is onskuldig. Lyk of hy geframe is,” het ʼn ander geskryf.

Die tiener het nie ernstige beserings opgedoen nie. Hy is met kopbeserings na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adam Adriaan ·

Nou wat het dit met ons hier in SA te doen? Hier jaag regters deur die mure, as hulle gesuip is

Die Goodwoodianer ·

“Ek het Pa belowe ek sal by die voordeur wees voor 12. Pa moet meer spesifiek wees…”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.