ʼn Tienerseun van Indië het ʼn satelliet ontwerp wat slegs 64 g weeg en wat nou as die wêreld se ligste satelliet bestempel word.
Rifath Shaarook (18) se toestel is as weninskrywing aangewys in ʼn kompetisie wat deur Nasa geborg is. Shaarook werk tans by ʼn organisasie in Chennai wat wetenskapopleiding en onderrig vir kinders bevorder.
Die satelliet se naam is KalamSat en is vernoem na Abdul Kalam, Indië se voormalige president wat as ʼn baanbreker in ruimtenavorsing gesien word.
Met sy satelliet van 3D-gedrukte koolstofvesel illustreer Shaarook wat die moontlikhede van dié materiaal is. “Ons het die satelliet heeltemal self gebou. Dit het ʼn nuwe soort aanboordrekenaar en agt ingeboude sensors om versnelling, rotasie en die magnetosfeer van die aarde te meet.”
Shaarook se satelliet gaan in Junie vanjaar deur Nasa getoets word tydens ʼn vier uur lange wentelvlug.
Die KalamSat is egter nie Shaarook se eerste uitvinding nie. Op 15 het hy vir ʼn nasionale wetenskapkompetisie ʼn heliumweerballon ontwerp.
Mooi man! Doen so voort!
Wow! – ek admireer werklik sulke breinkrag – Nou nog net iets kry om die pendeltuie se windskerms mee skoon te vee wanneer hierdie satelliete die ruimte gaan oorneem.
ALL AND ALL ITS A GREAT IDEA , HAHAHAHA
Boere seuns en dogters wys julle ook vir ons wat gedoen kan word.