Tiener ry meer as 1 000 km sonder rybewys

(Foto: Pixabay)

ʼn 12-jarige seun van Kendall in Australië is Sondag in hegtenis geneem nadat hy duisende kilometers alleen en sonder ʼn rybewys bestuur het.

Die seun was op pad Perth toe, wat 4 100 km van sy tuisdorp is, toe die polisie hom afgetrek het. Hy het reeds 1 300 km sonder ʼn lisensie bestuur en is naby die myndorp Broken Hill voorgekeer toe beamptes opgemerk het die spesifieke motor se buffer sleep op die pad.

ʼn Polisiebeampte meen die seun se voorkoms en lengte van 1,83 m het moontlik daartoe bygedra dat niemand vroeër op sy reis agterdogtig geraak het nie.

Hy het Saterdag by ʼn vulstasie gestop om brandstof te kry, maar nie daarvoor betaal nie. “Toe ek hom sien, het hy soos ʼn vriendelike mens gelyk en ek het geskat hy is omtrent 19 of 20 jaar oud. Toe die polisie vir my sê hy is 12 jaar oud, was ek baie geskok,” het Vamshi Reddy, die vulstasie se bestuurder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JoeV ·

Plekke om te gaan goed.om te doen, dan doen mens seker maar? Op 12 self baie kar en trekker bestuur, was niks.

Danie ·

Ek vermoed dat as daar nie skade aan die voertuig was het die 12-jarige nog verder of dalk die hele afstand afgelê. Dit klink nie of daar iets met sy bestuursvernuf gekort het nie. Ek wil eintlik vir hom sê welgedaan maat. Maak net volgende keer seker jou voertuig is in ‘n beter toestand.

vermeende ·

Daar is baie meer van die stories, ek ken n seun wat op 13 n karevaan van Durban af Transvaal toe gesleep het, maar dan moet ek ook se hy ry al trekker nog voor hy skool toe is en trokke op die plaas toe hy op laerskool was.
Vandag is hy n baie groot en suksesvolle boer.

ek ook ·

Wel ek het in 1979, toe ek 14 Jaar oud was my Pa se bakkie “geleen” en van Brits af gery Durban toe vir die Saterdag . Gelukkig laai ek vier Army Latte op en een gee my R10. êrens by Warden of so was my petrol klaar..Die R10 red my lewe. Onthou die petrol pompe was ook myle uitmekaar.Wonder wat sou my Pa gesê het as ek hom laat weet het ek staan op Warden sonder petrol met sy bakkie.. Anyway ek sê mooi so seun MAAR ek dink nie dit is in vandag se tye meer so goeie plan nie.

Tannie ·

Kyk Tannie weet nie of jy goed kan bestuur en al die padreels ken nie, maar dit bly seker ‘n oortreding van die wet, al wat ek weet dat daar in SA taxibestuurders is wat honderde DUISENDE kilometers afle sonder lisensies. Bly maar liewer by die reels anders mag jy nie later jou lisensie kry nie ..

Saartjie B ·

Glad nie so moeilik soos wat dit dalk mag klink nie. Die meeste motors in Australië is outomatiese en op paaie so reguit soos in die Suid-Vrystaat, is dit maar net ‘n geval van in die regte rigting mik …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.