Tinder se ‘geheime’ afdeling vir die mooistes, rykstes

Tinder (Foto: Wired)

Tinder (Foto: Wired)

Aanlynvlerksleep is ʼn waaghalsige ‘toertjie’ – die gebruiker weet dikwels nie wie of wat aan die ander kant van die skerm sit nie en daarom kan dié speletjie in ʼn behoorlike tameletjie verander.

Gelukkig – vir ʼn uitverkore groepie elite, waaronder die rykstes, mooistes en beroemdstes – probeer die afspraakwerbwerf Tinder nou om dié probleem op te los nadat hulle ʼn aparte afdeling, waar slegs die elite met mekaar geselsies kan aanknoop, as deel van ʼn eksperiment geskep het.

As jy dus ʼn gewone Jan Rap van die plaas is wat elke maand op die broodlyn leef, moet jy maar weet dat jou kanse om ʼn beeldskone of skatryk model dolverlief op jou te maak met bloot geselsies maak, maar bra skraal lyk.

Volgens Mashable het dié afspraakwebwerf die ‘eksklusiewe’ afdeling, genaamd Select, geskep sodat die mooiste van die mooies, die rykstes onder die rykes en die beroemstes met mekaar kan gesels.

Tinder het nie spesifieke besonderhede bekend gemaak oor hoe die gebruikers vir dié Select-afdeling gekies word nie, maar dit lyk asof die maatskappy die gebruikers met die hand uitsoek.

Die webwerf het in die verlede ook soortgelyke verstellings gemaak sodat bekendes, wat dié app gebruik, vir die ware Jakob gesien kan word. Talle bekendes het vroeër gesê dit is moeilik om iemand op die webwerf te ontmoet omdat ander gebruikers dikwels glo dis vals profiele.

“Dit laat bekendes dus toe om Tinder op ʼn ander manier te beleef,” het Sean Rad, die uitvoerende hoof van Tinder, vroeër gesê.

Dit is onseker hoe lank dié afdeling ‘getoets’ sal word en of dit ʼn permanente instelling van die app sal word.

Bron: Mashable

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ann ·

GELUKKIG is almal dieselfde. Om op die broodlyn te leef maak my nie minder elite nie. God het nie witbroodjies nie.

Piet Pompies ·

Stem saam, wat beteken beroemd, dit is ‘n mensgemaakte titel. Ek stap eerder saam met ‘n timmerman wie God se seun is as wat ek saam met iemand stap wat sy status en rykdom gebruik om hom bokant ander te verheer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.