‘Tinkerbell’ van vlug afgeskop

Die man was in ‘n Tinkerbell-kostuum geklee (Foto: Essex Live/BPM Media)

ʼn Man, geklee in ʼn Tinkerbell-uitrusting, is van ʼn vliegtuig by Londen se Stansted-lughawe verwyder omdat hy glo ʼn ontwrigting veroorsaak het.

Passasiers beskryf hoe die polisie opgedaag en twee mans, waarvan een ʼn groen rok en feetjievlerke aangehad het, van die Ryanair-vlug na Krakow, Pole, verwyder het. Die vliegtuig het nog nie vertrek nie.

Essex-polisie het gesê beamptes is Vrydagoggend ontbied “toe twee mans die vlug ontwrig het”. “Hulle het hul samewerking gegee toe hulle versoek is om die vliegtuig te verlaat.” Die mans is nie in hegtenis geneem nie.

Ryanair het gesê dié voorval wys waarom hy ʼn beperking wil plaas op alkoholverkope by lughawens, waaronder ʼn beperking van twee drankies per passasier.

Die lugredery het gesê lughawens het ʼn plig “om uitermatige gebruik van alkohol te beperk en die probleem wat dit veroorsaak, in plaas daarvan om passasiers toe te laat om soveel te drink as wat hulle wil voor vlugte”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Het hul gedrink?
Hoeveel dan?
Wanneer die kleertjies aangetrek?
Tawwe Tinkerbel

Tawwe Tienie ·

Het hulle at all iets gedrink of het die VLERKIES Julle afgesit? Daar staan nerens dat die mense te veel gedrink het nie en dit was VOOR hulle vlug (vliegtuig het nog nie vertrek nie), hoe gaan julle bepaal hoeveel het iemand gedrink voor hy gaan vlieg het of het julle hulle bloed getoets . Hoe gaan jy hulle tot TWEE drankies beperk op die lughawe? HOeveel het hulle gedrink VOOR hulle lughawe toe is??? VREEMDE STORIE die, as mense met vlerkies op die vliegtuig wil klim LOS HULLE as hulle ander mense uitlos WAT was die ontwrigting? Net omdat hulle so aangetrek het of het hulle mense HARASS?

KoosGrapJas ·

Tydjie terug was daar ‘n man met pajamas en ‘n teddiebeer wat saam met my gesit en wag het om die vlug van Hong Kong tot Manila te vat. Hy was nie gedrink nie net moeg. Mens sien snaakse dinge op ‘n lughawe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.