Titanic-wrak verdwyn dalk teen 2030

Die Titanic

Die Titanic

Die wrak van die Titanic, 3 800 m onder die Noord-Atlantiese Oseaan, kan moontlik heeltemal weggevreet wees teen 2030.

Die luukse Titanic-skip het in 1912 gesink toe dit ʼn ysberg getref het.

Die skip is goed bewaar danksy die diepte onder die see waar dit tot stilstand gekom het, totdat dit uiteindelik in 1985 gevind is. Nou, 30 jaar ná die skip se wrak gevind is, is wetenskaplikes besorg dat die skip nie meer baie tyd oorhet nie.

Die tempo van agteruitgang is al hoe stadiger, maar proteobakterie is in 2010 in die roes op die skip gevind. Wetenskaplikes noem die nuwe bakterie “Halomonas titanicae”, en dit kan die einde van die wrak beteken. Na beraming sal die bakterie die skip teen 2030 ten volle erodeer.

ʼn Seldsame sleutel wat een van die kaste oopgesluit het waarin lewensreddersbaadjies geberg is, is in Oktober op ʼn veiling verkoop vir £85 000 (meer as R1,4 miljoen). Dit was een van die meer as 250 items van die skip wat in Devizes in Wiltshire onder die hamer gekom het.

Bron: Sun, Geek.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Azuni ·

Ek is nogals ‘n groot belangstelling in die geskiedenis agter die Titanic se wrak. Hy word deur bakeria op gevreet teen ‘n vinnige spoed. Kenners het so 3 of 4 jaar tergug gesê die skip sal eers oor 50 jaar in mekaar stort. Kan nie dink dit is al vroeër nie. Sal ‘n jammerte wees, maar darm is elke gedeelte van die skip baie goed gedokumenteer.

SlaveMistress ·

Hi Azuni… ek self is met die Titanic behep en het geweet hy sal een of ander tyd vergaan maar het gehoop dit sal nie in my leeftyd wees nie en hoor nou dit kan soos in 13 jaar van nou af wees…. aaaaaah :(

Johan II ·

Julle bedoel seker Titanic-Olimpic se wrak….as jy die regte Titanic wil sien gaan soek waar die Olimpic is…wat n tragedie!

Eend ·

Ons land word vinniger opgevreet, teen die spied gaan ons dorpe en stede teen 2030 lankal opgevreet wees.

Jan ·

Sekere dorpe soos Pelgrimsrus is al bykans toetentaal in sy kanon. Jy beweeg nou op Houtbaai se terrein, jy moet oppas dat jy nie afgedank word nie.

Magda ·

Ek is meer bekommerd oor ons land as die simpel tiianic. My ma en pa is oorlede ek moes daar oor kom..

Martin ·

Eend, ek waatdeer jou sin vir humor en stem 100% saam met jou.

pieterdp ·

Wat geskep is uit die aarde deur die mens , sal terug keer na die aarde.

Louis Prinsloo ·

Volgens dieper ondersoeke en berigte, is die “ysberg” wat getref het net ‘n flous storie.
Gaan soek self op wie belang stel,tik bv “Titanic, truth and history about grew”.
Of “Titanic, the cult who actually is to blame for the sinking”.
Ek is seker u web soeker gaan 1000de pages uitgooi.
Alles wêreld wyd word hanteer deur sekere hoog geplaasdes,in politiek en selfs so ver terug as kruisiging van Jesus om mense te weerhou of te flous van die waarheid. Wat ook begin sien mense staan op in waarheid, wat weier om net stories te aanvaar wat voor hulle gegooi word; dat ons as publieke reg oor die wêreld wakker word.

Johan II ·

Die foto van die “Titanic” bo aan die blad is waarskynlik ook die Nuwe Olimpic?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.