ʼn Misdadiger van Long Island in die VSA wou met ʼn vervalste sterftesertifikaat tronkstraf vryspring, maar ʼn spelfout het die aap uit die mou gelaat.
Robert Berger (25) van Huntington in New York kan nou ʼn bykomende vier jaar tronkstraf opgelê word as hy skuldig bevind word aan bedrog. Dit is buiten die vorige vonnisse wat hy opgelê is oor die besit van ʼn gesteelde motor en poging om ʼn vragmotor te steel.
“Ek staan verstom om te sien watter moeite mense sal doen om aanspreeklikheid vry te spring,” het Madeline Singas, staatsaanklaer vir Nassay County, gesê.
Berger sou verlede jaar in Oktober gevonnis word op die diefstal-aanklagte. Hy het egter uit New York gevlug en wou sy vorige prokureur, die staatsaanklaer en die regter om die bos lei deur hulle te oorreed dat hy sy eie lewe geneem het. Hy het glo sy verloofde gevra om die vervalste sterftesertifikaat in te dien.
Berger se sterftesertifikaat het soos ʼn amptelike dokument gelyk wat deur die departement van gesondheid in New Jersey uitgereik is, maar daar was ʼn groot probleem: “Registry” is as “Regsitry” gespel, het staatsaanklaers gesê. Daar was ook teenstrydighede wat die lettergrootte en lettertipe betref.
Die departement het bevestig die sterftesertifikaat is vervals.
Berger het skuld ontken op aanklag dat hy ʼn vervalste dokument ingedien het.
Die regter het borgtog van $1 toegestaan, maar Berger bly in aanhouding weens die hangende sake teen hom.
Slim vang sy baas
Hy het skuld ontken dat hy ‘n vervalste dokument ingedien het. Sê hy dus dat die sertifikaat eg is en dat hy wel dood is?
Hehehehe
As dit in Souf Africa was het ek die spelfout op n amptelike dokument geglo