Toeris verwoes standbeeld toe hy selfie neem

Die standbeeld van St. Michael voor dit omgestamp is in die museum in Lissabon

Die standbeeld van St. Michael voor dit omgestamp is in die museum in Lissabon

ʼn Toeris het ʼn 18de eeuse standbeeld in ʼn museum in Lissabon omgestamp toe hy ʼn foto van homself wou neem.

Die standbeeld van St. Michael was te sien in die nasionale museum van antieke kuns, berig die Daily Mail.

ʼn Toeris van Brasilië wou Sondag, terwyl die museum gratis besoek kon word, ʼn selfie neem en terwyl hy agteruit getree het, het hy die standbeeld omgestamp en dit het op die vloer geval en gebreek.

Nuno Miguel Rodrigues was op die toneel toe dit plaasgevind het, en kon vinnig ʼn foto neem wat daarna soos ʼn veldbrand op Facebook versprei het.

Jose Alberto Seabra Carvalho, adjunkdirekteur van die museum, het gesê hy werk al baie jare lank in die museum en hy kan nie onthou dat enigiets soortgelyk al ooit gebeur het nie.

Die identiteit van die Brasiliaan word weerhou terwyl die ondersoek voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

Nou wil ek van die museum seker maak. So, hy het agteruit getree, terwyl hy video bly neem het, op die platvorm geklim, terwyl hy video bly neem het en toe die beeld omgestamp?

maraai ·

Nie n video nie jan maar n selfie is n foto…. Hy het seker reeds op die platvorm gestaan toe hy agtertoe getree het.

Jean ·

Selfsug, en disrespek. Mense voel hulle moet bo op ‘n standbeeld klim om hulleself af te neem, hulle gesig IN ‘n skildery druk om ‘n foto saam met ‘n bekende skildery te neem, so laat hom betaal, en dit ‘n les wees vir al die ander inconsiderate toeriste. Dit is hoekom daar in die verlede toue om alles gespan was en die res agter glas was. Hulle maak dit nou meer toeganklik vir (opgevoede) toeriste, nou moet die selfsugtige toeriste weer bo op die goed klim en dit omstamp .. MAAK HOM BETAAL, dit is al wat gaan help.

Denise ·

Al weer die STUPID Selfie ai hoe belaglik vra iemand om van jou met die standbeeld n foto te neem en hou tog jou afstand jy weet tog dit is n duur item!!!!

Mykie ·

Sit maar die toue en glas terug, n ongeluk gebeur so vinnig. Ai dis so jammer….

charlene ·

Hy het duidelik nie sy “ati-selfies” pille gedrink voor die tyd nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.