Toiletpapier: bo-oor of onderdeur?

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos/Pixabay)

Dis ʼn omstrede onderwerp waaroor talle mense verskil en die een groep is gewoonlik nie bereid om na die ander groep se motivering te luister nie: Moet toiletpapier bo-oor of onderdeur hang?

Choice, ʼn verbruikersregtegroep in Australië, het op die byna 128 jaar oue patentaansoek, gedateer 15 September 1891, afgekom. Dié aansoek sluit ʼn gedetailleerde grafiek in wat duidelik wys dat die stukkie papier bo-oor die rol moet hang, eerder as onderdeur.

“Ons het ʼn deurslaggewende antwoord op die omstrede vraag of jou toiletpapier bo-oor of onderdeur die rol moet hang,” aldus Choice. “Dis moontlik dat ons permanent ʼn paar lede gaan verloor, maar ons kan bevestig: bo-oor is die regte metode.”

Geperforeerde toiletpapier is in 1871 deur Seth Wheeler ontwerp. Hy het in 1891 sy uitvinding in ʼn rolvorm gepatenteer.

Volgens Dr. Gilda Carle, ʼn Amerikaanse sielkundige en verhoudingskenner, het jou keuse boonop iets oor jou persoonlikheid te sê.

Volgens Carle is persone wat verkies dat die los stukkie bo-oor hang, gewoonlik selfgeldend, georganiseerd en oorpresteerders, maar mense wat die stukkie ondertoe laat hang, is ontspanne, ongeërg, betroubaar en op soek na hegte verhoudings.

Sy voeg by mense wat glad nie omgee oor die stukkie toiletpapier nie, is iemand wat konflik vermy, baie buigsaam is en nie ongemaklik voel in vreemde situasies nie.

Persone wat hul saak verdedig meld gewoonlik die voordele soos die estetiese waarde, gasvryheid en die hoeveelheid papier wat gebruik word, of selfs indien daar klein kinders of troeteldiere in die huis is wat maklik die rolletjie kan afrol.

Wat verkies jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Ellisras ·

Bo oor. Onder deur. Dit is minder belangrik. Wat saak maak is dat dit daar is.

Ronel ·

Sê ek ook. Gee nie n hel om hoe dit rol nie, solank daar net IS!

Ekke ·

Presies, solank daar net papier is, moet net nie ‘n lee rol vir my los nie… Daar is beslis erger goed om oor te stres, as oor toiletpapier.

Braham Jordaan ·

Dit is baie eenvoudig”as die hondjies regop is, is die rolletjie reg in.”

Werner ·

My voorkeur was nog altyd bo-oor, net om een praktiese rede en dit as as mens die papier wat bo-oor hang trek, word die trekkrag weg van die muur verplaas, en rol die papier makliker af as andersom, natuurlik is dit eintlik net waar as die rol vol is, dan druk of skuur die trekkrag die papier nie teen die binnerand van die houer, aan die muur se kant, waarin dit vas is nie.

‘n Voorheen plasing.

https://maroelamedia.co.za/vreemdhede/toiletpapier-bo-oor-of-onderdeur/

Johann cb ·

Onderdeur! Ek stem ook nie met Dr Carle se stelling(s) saam nie!

Carel ·

Bo-oor dan kan die punt nooit wegraak nie as die punt agter is val dit na onder en is weer sigbaar

Graaf ·

Bo-oor, anders tel dit vuiligheid en allerhande kieme van die muur af op

Juanita van der Merwe ·

Graaf maak jy dan nie jou badkamer skoon nie?

DS ·

Bo-oor dit maak die kry van punt proses en die afrol net soveel makliker!

Leser ·

Bo-oor….dan gebruik jy nie die deel wat iemand anders reeds aan geraak het, as dit andersom was nie

JK ·

Die regte monsters in die wereld is die wat onderdeur gaan :D of die’s wat papier klaar gebruik, en die nuwes net laat regop staan op die tolletjie LOL

Hilda ·

……ek gee nie om hoe dit hang, op rol is of nie. … Solank die toiletpapier net daar is!! ??

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek was ook ‘n voorstaander van bo-oor………….toe kry ek kinders en ‘n African Grey en ‘n klein rifrug…………en van toe af is dit onderdeur!!!

Nettie ·

@Gemaskerde Sopbeen – en die verskil is ………………… ??????????????????????????????

Gemaskerde Sopbeen ·

Nettie? As hy bo-oor is en ‘n klein kindjie staan voor hom en begin hom rol……….is die hele rol in 3min op sy voetjies. As hy onder-om is kan hy hom rol tot sy armpies afval…..dit papier bly op die rol. Gaan toets dit en laat weet ons…..hahahahaha

Jaco ·

Ai. Bo-oor kan werk. Ek haal hom maar gewoonlik uit en rol hom oor my hand. So maklik soos die. Hierdie was en is dieselfde argument oor die roomys.
“As ek ‘n roomys in my hand hou en ek lek hom en die val af. Val hy voor-oor of agter-oor?” ek sê agter-oor.

Rooikop ·

Onderdeur. Dit skeur makliler met een hand af dan mors jy mimder papier

marco polo ·

Bo oor en basta. Hier in China het die rolle nie n gaatjie nie en jy moet dit maar met die hand vat. Dalk n oplossing.

Mazhiwei ·

marco polo, miskien moet jy net mooi kyk as jy koop. By Carrefour, RT-Mart, Walmart, Lotus,…. en in klien winkeltjies is daar rolle met gaatjies in.

marco polo ·

Dankie Mazhiwei, jy praat soos iemand wat die winkels in China ken, maar daar is geen nut vir n rol met n gaatjie as jou badkamer nie n plek het om dit te hang nie.

Triple-ply en sag asseblief ·

Dis julle wat die wind, dis julle wat die wind laat waai Dis julle wat die wind laat waai Dis ‘n bobaadjie, dis ‘n onderbaadjie Dis ‘n onderstebo baadjie – Wat maak dit saak of dit bodeur of onderdeur is? Net solank die toilet papier sag en triple ply is, is als reg.

Amelda Ferreira ·

Bo-oor en dan vou ek diepunt stkkie in n hoekie (byde punte na middel). Lyk tog so mooi!

charmaine ·

Bo oor of onder deur solank dit afvee wat maak dit nou saak in my huis is dit gelukkig nie n issue dis net ons vrouens wat so complicated is soos n oop bak of toe bak? Solank dit daar is en skoon is is ek gelukkig. Daar is mense wat koerant papier moet gebruik. Ons moet klein goedjes waardeer.

John ·

Hierdie is beslis die mees omstrede kwessie der eeue. Kyk na die skets, dit is sedet 1891 reeds as ‘n krisis verklaar. En as die EFF nie meer iets het om uit die parlement te kan storm nie, is daar nie ‘n beter rede te vinde nie… Studente staak weer en niemand weet hoekom nie… hulle ook nie… wil iemand nie tog asseblief die rol verkeerd om inplaas om die mense ‘n rede te gee nie. Sodra die klasse weer begin… verwyder die rol… en die klasse sal voorgaan… sonder die lektore…

Die buitenhuise Lavatory ·

Charmaine in die ou dae in die Buitenhuisie wat weg van die huis geleë was, was daar ‘n spyker teen die muur met blokkies koerantpapier op gewees …. Net solank die drukkersink droog was en die appelkose aan die appelkoosboom was ryp voordat dit geëet was, was als seker OK. Die blokkies koerantpapier was beide bodeur en onderdeur, so geen lastige besluite nie.

Afrikaner ·

My probllem was, drukkersink het my sinus gegee, dan moet ek neus blaas, dan moet af vee, partykeer het ek deurmekaar geraak.

Ontwikkeling en moderne tegnogogie het my uit daardie verknorsing gered.

Cherokee ·

Daai jare Lavatory, was dit ekstra belangrik dat geen foto van jou in ‘n koerant verskyn nie.

Al weer ek ·

Cherokee, hiers ek weer, Google gerus Op Vlerke en beloer die natuur.

Cherokee ·

Ek hoef dit nie te Google nie – reeds skakel op my desktop gebêre

Ina ·

Eks ‘n freek vir bo-oor. Selfs as ek by ander mense is draai ek hulle rolle om dat dit bo-oor moet wees….lol

Judge Dredd ·

Ek wil nou nie julle toilet praaitjies spoil nie – maar die toilet rol hang altyd bo-oor, dis net ‘n kwessie van of hy voor afrol og agter afrol.

Pierre ·

Van agter – in die middel deur. Maar hoe nou -trek of vee, vorentoe of agtertoe? Bleddie besluite maak my klaar!

Elaine ·

Ek sê bo-oor want ek hou daarvan om die punte mooi te vou veral as ons gaste he….

Carina ·

Ek is van kleins af geleer dit moet bo oor gaan.. My ma het altyd vies geraak vir ons as ons dit nie so doen nie.. Ek is nounog so.. Ek sê ook bo oor?

Regtig? ·

Klink my die oorgrote meerderheid van ons is so bietjie OCD of dan control freaks?Gelukkig is die mense in my huis slim genoeg om die punt te kry, maak nie saak watter kant dit hang nie. Ons is maar te bly dat ons nog papier kan beskostig!

Pieter ·

Voor of agter, ek het ook nie ‘n saak watter kan die punt hang nie. 110 vir jou!

Upandover ·

Ek verloor dit as die toiletpapier verkeerdom op is…. my OCD ruk handuit

Susan ·

Bo-oor totdat jy kinders en honde kry. Onderdeur is nie vir hulle so maklik om af te rol nie

Gryt ·

Dit eindig hoofsaaklik onderdeur…. Onderdeur die neus, onder die oë (trane op die wange)….. En, onder deur…

Dorinkie ·

Onderdeur in my huis aangesien dit makliker is om met een handaf te skeur. My mure word gereeld skoongemaak so ek is nie te bekommerd oor kieme teen die mure nie.

Valerie ·

Bo oor, onderdeur, skuins . . . maak nie saak nie; my kat rol die ding af. Dis haar gunsteling speelding.

Frikkie ·

Dit hang altyd bo-oor…dit kan wel voor of agter wees…wat ons wel nie weet nie is of hierdie skets n voor- of agteraansig is. :P

Bee ·

Vir ñ OCD soos ek is hierdie ñ VERSKRIKLIKE groot kwessie: Ek gee nie om hoe hy afrol, maar bewaar die pes se siel wat ñ rolletjie insit dat die prentjie onderstebo is. Die hondjie of eendjie of vlinder MOET REGOP WEES ASB MENSE!!!!!

Janeke ·

Kom ons almal vat net n oomblik en wees dankbaar aan MR WHEELER vir die uitvinding van die witgoud

Elsa ·

En daar word “navorsing” gedoen oor papier wat in die toilet afgespoel word?
My goodness. Het die mense nie iets beter om te doen nie!

Siener van Melbourne ·

As ek net die opskrif lees dan sal ek sê jy hang hom bo-oor maar jy gebruik hom onderdeur.

Baie dankie aan almal ·

Baie dankie aan almal wat so fluks deelneem aan iets so ernstig soos hierdie. Dit laat my weereens besef dat alles en almal mettertyd dieselfde paadjie gaan nadat die laaste ketting getrek is, selfs diegene wat miskien hulself as toilet snobs ag gaan mettertyd dieselfde paadjie as ons geliefde eendjie bedrukte, sagte 3-ply afveepapier.

GM ·

Onderdeur. My kinders klap-klap die rol so afwaarts, dan bly als nog op. My houer is so ontwerp dat die papier nie aan die muur raak nie.
En ek hou daarvan om anders te wees. ?

Werner ·

Daai klap-klap wen die moderne tegnologie. En dan weet mens waar die kinders is.

Afrikaner ·

Kyk, ek sal nou graag ‘n video hieroor wil sien, dis nou die kinders wat so half gebukkend sit en klap-klap. Dit sal die fiesry ene teen ‘n paal vas met ‘n klomp klikke wen.

Kiepie ·

Hierdie is een van die Maroela-plasings wat nog die meeste kommentare ontlok het :-)

Anoniem ·

Wat maak dit rerig saak?

Ek vee in elk geval my gat daaraan af – either way.

JohanL ·

Hang seker af van hoe jy afvee? Van voor na agter of van agter na voor? :) :) LOL LOL

Neels ·

Wat maak dit saak jy gaan dit in elk geval deur jou dinges trek so what

barend ·

ek gebruik koerant papier,sit dan die rollietjie papier oppie grond langs die toilet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.