Toiletpapier: bo-oor of onderdeur?

Onderdeur (links) of bo-oor (regs)? Wat verkies jy?

Onderdeur (links) of bo-oor (regs)? Wat verkies jy?

Die debat duur voort: meeste mense raak baie opgewonde as hulle die vraag moet beantwoord of die toiletpapier se los stukkie bo-oor die rolletjie of onderdeur moet hang.

Volgens Dr. Gilda Carle, ʼn Amerikaanse sielkundige en verhoudingskenner, het jou keuse dalk iets oor jou persoonlikheid te sê.

Volgens Carle is persone wat verkies dat die los stukkie bo-oor hang, gewoonlik selfgeldend, georganiseerd en oorpresteerders, maar mense wat die stukkie ondertoe laat hang, is ontspanne, ongeërg, betroubaar en op soek na hegte verhoudings.

Sy voeg by mense wat glad nie omgee oor die stukkie toiletpapier nie, is iemand wat konflik vermy, baie buigsaam is en nie ongemaklik voel in vreemde situasies nie.

Die rubriekskrywer Ann Landers het gesê dié onderwerp is een van die mees omstrede onderwerpe wat sy ooit aangeraak het en die berig waarop mense nog die meeste reageer het. Sy het in 1986 ongeveer 15 000 briewe hieroor ontvang.

Persone wat hul saak verdedig meld gewoonlik die voordele soos die estetiese waarde, gasvryheid en die hoeveelheid papier wat gebruik word, of selfs indien daar klein kinders of troeteldiere in die huis is wat maklik die rolletjie kan afrol.

Wat verkies jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Drogba Zadenko ·

Ek verkies die stukkie onderdeur….dis makliker as jy as man die toilet gebruik en “eenhand” moet papier afskeur…….lol!!!!!!

Sarel Strydom ·

Agge Nee Regtig. As jy dink en sien waarvoor die goed gebruik word, het mense niks anders om oor te praat nie. Moet dink enkellaag, dubbellaag of selfs trippellaag wees. moet dit gekleur of net wit wees. moet dit gegeur of ongegeur wees. moet daar blometjies op wees of nie. moet afsondelike soorte beskikbaar wees vir Mans en Vroue. Nou is ek bang oor wat ek sops verklap het oor my karakter. Bring die Papier die tol is leeg.

Eliza-beth ·

Haha Sarel, ja-nee kyk nou sal hul mens “ontleed” oor hoe jy jou papier laat hang, wraggies daai persoon het seker haar doktorandis oor dit gedoen – die yanks het mos geld om oor enigiets navorsing te doen! Mens is al selfs bang om in openbaar te gaap want dalk wys dit ook allerhande verskuilde dinge omtrent jou karakter lol!

Dedré ·

Regs werk vir my want jy kan beperk hoeveel jy afrol. As die rol soos links is kan dit met een pluk tot in sy malle maai afrol en jy moet dit weer terugkry. Not fresh!

Danita ·

Dink net as jy ‘n gespelete persoonlikheid het, kan jy dit elke tweede dag anders doen!

Reinhardt ·

Die persoon wat toiletpapier op n rol patenteer het, ene S. Wheeler, se patent het bepaal dat dit bo-oor hang en nie onderdeur nie.

Susan ·

Ag dankie tog. Ongeag van wat die gewoonte van my persoonlik mag sê, ek verpes dit as die toilet papier nié bo-oor die rol gaan nie. En sal selfs die rol regmaak indien dit in my vermoë is. Binne perke van waar ek is, natuurlik.

Enid ·

Onderdeur – en my persoonlikheid is presies akkuraat beskryf. Raak sommer vies as iemand ‘n nuwe rol opsit en die rol bo-oor is.

Griki ·

Ek het dit altyd bo-oor laat hang – totdat my katte agtergekom het hulle kan dit afrol en daarmee die wêreld vol hardloop.

Frans ·

Bo of onder is maar om die ewe solank daar net toiletpapier is.Niks so frustrerend om te sit en agter te kom papier is klaar of amper klaar.Onderdeur keer darem dat ‘n mens nie sommer die hele rol met een pluk afrol nie.

Els ·

Bo-oor is die korrekte manier ek het al 1000 de hospitaliteits badkamers die papier reg om gesit en die laaste blokkie terug gevou – dis netjies en skoon gevoel x

JP ·

Bo oor as dit dit in hotelle/motelle of openbare plekke is, dit is etiket by die huis wie gee om, sit sommer die rol op die bak neer, dit word gebruik vir een doel en een doel alleen, oj tensy die hond daarmee wil speel

Frederik ·

Gelukkig gebruik ons koerante. Almal is op datum met die nuus, alhoewel meestal ‘n dag laat.

Asjas ·

My koerante kom in elektroniese formaat, dan maar liewer toilet papier gebruik. Eersgenoemde mag dalk duur raak?

Johann ·

Of dit nou onderdeur of bo-oor is, word dit in elkgeval deurgetrek!! Ek verkies myne onderdeur… hoe lekker lag ek nou…

Johan 2 ·

Hahahaha ek ook johan…ons koshuis s’n was op die kant…hoekom sou dit mense pla?

Gerhardt ·

LOL, wat ‘n debat. Ek sien dat “nat” toiletpapier wat nog boonop maklik wegspoel nou bemark word. Jy is blykbaar skoner daarmee. My eie gewoonte is om ‘n paar half gebruikte rolle bo-op die toilet te laat staan, ek hou niks van die geluid van toiletpaier wat afrol nie.

Eliza-beth ·

My aarde het ek nou gelag vir die kommentare. Wat se ge-etiket is dit met bo-oor – wie het daai kammige etiket uitgedink? Ek hou van onderdeur en klaar. Ek stem van katte wat met die bo-oor manier kan afrol, ek het al tuisgekom met ‘n hele rol wat afgerol is en ‘n trotse glimlaggende kat daarnaas! Dankie tog vir vryheid van keuse selfs al is dit nou ook net oor hoe die toiletpapier moet hang!Kyk nou wat skryf Frederik en moenie vir Gerhardt vergeet nie – ai ons Afrikaanssprekendes het sowaar ‘n sin vir humor! Maroela julle het nou ‘n lekker berig geplaas waar mens baie snaakse kommnetare kry – DANKIE!

Middelbrein ·

Dit het ook te doen met linker-regterbrein dominansie. Linkerbrein is bo-oor en regterbrein onderdeur. Maak sin en stem ooreen met die persoonlikheidstipes.

Paul ·

Ek verkies die punt bo-oor, maar ons toilet is so klein, as dit bo-oor hang is daar nie genoeg plek vir jou ook nie! hahaha!

Amber ·

Bo-oor of onderdeur? Die wat kommentaar gelewer het, julle het my dag gemaak.

Adri Pienaar ·

Is al baie jare in hotel bedryf. Wat mooier as bokant gevou is met spriet lavender daarop

HERMAN ·

Vertel daai sielkundige dat persoonlikheid sit nie in die agter end nie .

frans ·

wate hel praat die mense oor maak net jou sterre skoon en gaan aan met wat jy gedoen het voor jy op jou knee gedwing is

Shannon ·

Bo-oor : is makliker om raak te vat maar dit veroorsaak dikwels dat die papier ‘te vroeg, te kort’ afskeur want die rol vang vas teen die muur.

Onder-deur : is moeiliker om raak te vat maar dit het die effek dat dit die rol vanaf die muur af lig wanneer jy trek sodat die papier nie te vroeg afskeur nie.

Nie een van die twee het `n noemenswaardige voordeel bo die ander indien die insittende op die troon se skryf arm in gips is nie.
Miskien is verdere ondersoek wel nodig.

Johan ·

Poeplappe bly maar een van die duurste ietems in my mandjie. Ek hou van myne bo oor want ek trek hom in elkgeval onder deur hahaha. Groete

rolletjie ·

Dalk moet die laventeltakkie vervang word met n kakiebostakkie. Dit pas by die tema

Rooijan ·

Ann Landers was reg ons kan onsself net nie help nie ons moet kommentaar lewer oor die onderwerp, kyk net hoe baie van ons her reageer op hierdie artikel :-)))

Martin ·

Ek is ook onderdeur, maar dit is nie my persoonlikheid nie.

LOU VAN DER MERWE ·

HET JULLE GEHOOR VAN DIE MENSE WAT SO SUINIG WAS? HULLE HET KONFETTI IN DIE TOILET GESIT MET DIE VERSOEK… GBRUIK ASSEBLIEF ALBEI KANTE!

Hendry ·

Myne is regop -So wat is die opinie daaromtrent?
Een ding is seker, as moeder-natuur ñ onverwagse blitsbesoek kom aflê… gaan ons nie eens bo-oor of onder deur oplet nie. Solank daardie (volle) rol daar staan -soos ñ held.

Deon ·

Mooi Frederik-man!
Koerantpapier los die probleem op!
‘n Alternatief is om dubbellaag toiletpapier te koop en die een laag onderdeur, en die ander laag bo-oor te sit!
(Dink net aan die werksgeleenthede wat dit kan skep!!)

nig ·

Ai Magda maar jy is suur. Lees dan maar die ander goed, hoekom geklik op die berig?? Ek het die kommentare net so geniet – so lag-lag gaat ek die nuwe jaar dan in!

Bosveldgirl ·

Hy MOET bo-oor hang!!!! Ek draai hom om as hy anders om hang! En die persoonlikheid tipe slaan die spyker op sy kop!

Nicolene ·

Ek sê onder..ek verkies dit so..lol. sal ook moeite doen om dit te verander as dit nie vlg my reg is nie. Dit voel net reg…lol

Christine ·

Dit was nou lekker lees. Al wat my baie frustreer is publieke hokkies waar die nuwe rol se punt nog vasgegom is. Nou moet jy deur die nouste gleufie daardie papier los kry terwyl volk en vaderland buite staan en trippel.

martin ·

Ankie tog ons toilet het n deur wat toe getrek kan word en on kat het nog nie geleer hoe om n deur oop te maak nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.