Inwoners in ʼn stad in Siberië, Rusland, hoef nie ver te reis vir foto’s van turkoois water te neem nie. Duisende inwoners van Novosibirsk, insluitend pasgetroudes, deel talle foto’s op Instagram van dié meer met sy helder blou water.
Daar word nou grappenderwys na die meer verwys as die “Siberiese Maledive”.
Die water is egter blou vanweë ʼn chemiese reaksie tussen giftige afvalelemente van ʼn plaaslike kragstasie en omgewingskenners waarsku mense om nie in kontak te kom met die water nie.
Die Siberiese kragopwekkingsmaatskappy het Vrydag gesê hy het wagte ontplooi om oortreders te verhoed om naby die water te kom, maar hou vol die meer hou nie enige omgewingsgevaar in nie.
Die meer is geleë in Novosibirsk, ongeveer 2 800 km oos van Moskou.
Nou weet ons wat Esdom se oorsprong is!
My oog gevang klere eenvoudig,sag,pratig blomme in hare en like tekkies idee nooit troue gesien nie. Geen groot”geboue of kerk nie en baie mense nie stil saam met skoon natuur. Sterkte volgende persoon dalk een weer sal trou klaar in my kop. Dankie pratig