Tonge klap oor hoe dié vrou tee maak

Skermgreep uit die video

Gewoonlik is daar ʼn debat of mens jou melk voor of ná die teewater in die koppie gooi, maar dié vrou se metode vervul teeliefhebbers met afgryse.

Die vrou, wat haarself as “ʼn Amerikaner wat in die Verenigde Koninkryk woon” beskryf, het haar metode vir “warm tee” op TikTok gedeel, waar dit die tonge behoorlik laat klap het.

Michelle, wat die gebruikernaam @jchelle36 gebruik, verduidelik in die video dat sy daarvan hou om “baie bestanddele” by te voeg. Nie een van die bestanddele sluit ʼn teesakkie of melk in nie, maar baie suiker.

“Ek kry baie vrae oor warm tee, so ek wil vandag vir julle wys hoe dié Amerikaanse meisie van haar warm tee hou,” sê sy. “Ek meng baie bestanddele saam. Die eerste is ʼn koppie kitstee, dan twee koppies Tang (oranje poeierkoeldrankmengsel), Country Time Lemonade, een koppie suiker, nog ʼn koppie suiker, ʼn bietjie kaneel en ʼn bietjie naeltjies.”

Sy meng dan die droë bestanddele saam voor sy ʼn beker kry en water ingooi. In plaas van ʼn ketel, verhit sy die water in die mikrogolfoond. Sy voeg dan “ʼn paar teelepels” van die bisarre mengsel by die water en klits dit goed.

Haar plasing het talle kommentare uitgelok waar mense gesê het hulle is stomverbaas.

“*Kyk video* *Maak video toe* *Steek rekenaar aan die brand*,” het Yorkshire Tea reageer en ‘n handige gids oor hoe mens behoorlik tee maak, aangestuur.

“Dis ʼn misdaadtoneel van die begin tot die einde!” skryf ʼn ander.

“Geen wonder Amerikaners hou nie van tee nie. Hulle het dit nog nooit geproe nie,” laat weet nog iemand.

Die gebruiker @onmy9thlife het Michelle se plasing op Twitter en gesê: “Ek is met afgryse vervul!!!”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Ag hoe lekker kry ek nou omdat sy die ou spul Engelse so omkrap.

Lorette ·

Ek verkies my Rooibos Tee, baie gesonder en verseker baie lekkerder.

AmY ·

Ek verkies maar my koffie, dankie.
Maar ek hou van hoe sy dink.

Gawie ·

Nou verstaan julle hoekom ek eerder koffie drink. Swart en bitter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.