Top 10 gewildste gedoriewaar-stories

Argieffoto

Argieffoto

Die wêreld is vol vreemdhede, eienaardighede en die wonderlikste dinge, en dinge waaraan jy nog nooit eers gedink het nie. Hier is die top 10 gewildste stories vir 2016 in Maroela Media se Gedoriewaar-portaal:

  1. [Video] Kyk hoe skud aardbewing water uit swembad

ʼn Inwoner van Christchurch in Nieu-Seeland het beeldmateriaal op sosiale media gedeel toe ʼn aardbewing Sondag die water uit sy swembad geskud het.

  1. [Video] Indrukwekkende skuinslanding in erge storm

Verstommende beeldmateriaal van ʼn vlieënier van Emirates-lugredery wat ʼn A380-vliegtuig skuins land tydens Orkaan Angus se stormwind, is vrygestel.

  1. Denims: Dís waarvoor die klein sakkie gemaak is!

Het jy al ooit gewonder waarom daar ʼn piepklein sakkie op ʼn denimbroek is en waarvoor jy dit kan gebruik?

  1. Hospitaal toe vir ʼn niersteen, huis toe met ʼn baba

Stephanie Jaegers is hospitaal toe met maagpyn en het vermoed dit is nierstene, maar dokters het haar in kennis gestel dat sy eintlik 38 weke swanger is.

  1. [Video] Met vriende soos dié…

ʼn Video van ʼn man wie se vriende ʼn poets op hom bak toe hy op die strand aan die slaap geraak het, sal verseker jou dag opkikker.

  1. [Video] Seuntjie kom speel ‘skelm’ met die hond

Toe ʼn vrou ʼn veiligheidskamera in haar motorhuis laat installeer het, het sy nooit dié “oortreder” verwag nie.

  1. [Video] Die skoolvideo waaroor almal praat

Die Hoërskool DF Malan in Bellville in Kaapstad se video om geld in te samel vir sy I’mPOSSIBLE-trust word wyd op sosiale media gedeel.

  1. [Video] Só lyk ʼn ongeluk teen 200 km/h

Daar is ʼn baie goeie rede waarom spoedbeperkings toegepas word, as mens dié video sien.

  1. Dís waarom ligte in die vliegtuig afgeskakel word

ʼn Vlieënier het bekend gemaak waarom die ligte in ʼn vliegtuig altyd afgeskakel word wanneer die vliegtuig opstyg of land.

  1. Skool se reël maak wyd opslae

ʼn Skool in Arkansas in die VSA se reël wat ouers verbied om enigiets wat hul kinders by die huis vergeet het, skool toe te bring en kinders so probleemoplossingsvaardighede te leer, maak wyd opslae op sosiale media.

Lees alle soortgelyke stories oor die Terugblik op 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.