Die wêreld is vol vreemdhede, eienaardighede en die wonderlikste dinge, en dinge waaraan jy nog nooit eers gedink het nie. Hier is die top 10 gewildste stories vir 2016 in Maroela Media se Gedoriewaar-portaal:
ʼn Inwoner van Christchurch in Nieu-Seeland het beeldmateriaal op sosiale media gedeel toe ʼn aardbewing Sondag die water uit sy swembad geskud het.
Verstommende beeldmateriaal van ʼn vlieënier van Emirates-lugredery wat ʼn A380-vliegtuig skuins land tydens Orkaan Angus se stormwind, is vrygestel.
Het jy al ooit gewonder waarom daar ʼn piepklein sakkie op ʼn denimbroek is en waarvoor jy dit kan gebruik?
Stephanie Jaegers is hospitaal toe met maagpyn en het vermoed dit is nierstene, maar dokters het haar in kennis gestel dat sy eintlik 38 weke swanger is.
ʼn Video van ʼn man wie se vriende ʼn poets op hom bak toe hy op die strand aan die slaap geraak het, sal verseker jou dag opkikker.
Toe ʼn vrou ʼn veiligheidskamera in haar motorhuis laat installeer het, het sy nooit dié “oortreder” verwag nie.
Die Hoërskool DF Malan in Bellville in Kaapstad se video om geld in te samel vir sy I’mPOSSIBLE-trust word wyd op sosiale media gedeel.
Daar is ʼn baie goeie rede waarom spoedbeperkings toegepas word, as mens dié video sien.
ʼn Vlieënier het bekend gemaak waarom die ligte in ʼn vliegtuig altyd afgeskakel word wanneer die vliegtuig opstyg of land.
ʼn Skool in Arkansas in die VSA se reël wat ouers verbied om enigiets wat hul kinders by die huis vergeet het, skool toe te bring en kinders so probleemoplossingsvaardighede te leer, maak wyd opslae op sosiale media.
Lees alle soortgelyke stories oor die Terugblik op 2016 op Maroela Media.