Toto se ‘Africa’ speel vir nou vir altyd in die woestyn

Max Siedentopf se “Toto Forever” (Foto: Max Siedentopf)

Die Namibwoestyn in suidelike Afrika is nie so stil soos wat jy gedink het nie, danksy ʼn nuwe kunsuitstalling wat Toto se bekende liedjie, “Africa” herhaaldelik sal bly speel, berig NPR.

Max Siedentopf, ʼn Duits-Namibiese kunstenaar, het sy kunsuitstalling “Toto Forever” genoem. Dit is in Desember 2018 onthul. Danksy ses luidsprekers, ʼn MP3-speler met net die een liedjie en sonkrag, sal die liedjie “vir ewig bly speel”, aldus die kunstenaar.

Siedentopf het aan NPR gesê sy belangstelling is geprikkel deur hernude blootstelling aan die liedjie op verskeie sosialemediaplatforms. “Ek wou hulde bring aan die liedjie en fisies ‘Africa’ in Afrika uitstal. Die Namib, die oudste woestyn in die wêreld, was die perfekte ligging.”

Die kunstenaar het nie bekend gemaak waar presies die uitstalling geleë is nie – jy sal self die woestyn moet fynkam. Intussen kan jy darem hier sien hoe dit lyk en klink:

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dan ·

Ek wonder hoeveel navorsing daar gedoen is t.o.v. versteuring van omgewing/ natuurlewe voordat die goedkeuring (?) hiervoor afgestaan is?

Ek dink dit belemmer die mooie natuurskoon, wat sal volgende in die mooie Namib verskyn.. Hierdie kunstenaar is van sy sinne beroof en prober dit vind in tegnologiese-gestremdheid wat hy ‘kuns’ noem..

marco polo ·

Dis nou gekheid. Die bekoring van die Namib is juis die stilte. As ek onverwags op daai lawaai moet afkom, gaan dit vinnig stil raak…

Hou koers ·

Verbeel jouself jy’s al drie dae verlore, jou laaste water reeds gedrink en jy hoor die musiek net om angsbevange te raak as jy besef jy’t nie op kuiergaste by ‘n woestynbraai afgekom nie!

Jacque ·

Mensdom bemors en verniel alles dan wil hulle dit “kuns” noem.

LR ·

Kan die mense wat daar in die omgewing woon nie asb die goed verwyder nie. Mens kan met die eerste oogopslag sien die goed hoort nie in so n omgewing nie.
Verstaan nie hoekom die vernietegende mensdom nie die omgewing kan geniet en respekteer nie.
G’n wonder ons sit met aardverwarming nie. Die mensdom se gejaag na geld en goed (kapitalisme) en die gepaardgaande “greed” gaan ons nog uitwis op hierdie planeet.

Countryboy ·

Absoluut belaglik..Gaan stal jou so gese “kuns” in n gallery in die stad erens uit en los die natuur – die WARE kunswerk van God – uit. Dit is belaglik dat enige iemand elkgeval na dit moet kyk en se dis kuns…n paar hout bokse en speakers en jy noem dit kuns..jy verniel die ware natuurskoon…onnosel…

Onnie ·

Moenie worry nie, dai plastiek speakers sal binne n oogwink deur son en sand vernietig word

Will ·

Mense kry n lewe… dis nie asof dit hengse speakers is wat jou by jou huis gaan pla nie.. as dit gaan bly jy seker ini woestyn? Sies man hoekom gaan bou jy jou huis in die arme woestyn?.. maar dan kla mense oor n paar speakers….

marco polo ·

Jy moet dalk meer uitkom. Gaan maak n draai in die woestyn en besluit dan of jy stilte wil hoor, of ander se musiek.

Will ·

Besef jy hoe groot is die namib woestyn?
Soos in die berig gese weet selde mense waar hierdie uitstalling is en jy sal hom moet gaan soek so ek twyfel of dit enige iemand gaan pla…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.