Treinrit vir rondloperbrakke

Eugene Bostick en sy trein vol honde Foto: Tiffany Johnson, Facebook

Eugene Bostick en sy trein vol honde Foto: Tiffany Johnson, Facebook

ʼn Foto van ʼn man wat rondloperhonde in ʼn trein vervoer, word wyd op sosiale media gedeel.

Eugene Bostick van Texas het dié trein gebou en sleep dit met sy trekker om die honde dorp toe te vervoer. Bostick en sy broer het vir die honde begin sorg nadat mense hulle naby sy huis begin aflaai het.

Die gebruiker Tiffany Johnson het aanvanklik die foto op Facebook gelaai. “Dit is die koelste ou,” skryf sy. “Hy red rondloperhonde en elke oggend ry hy met hulle verby ons gebou. Ek het uiteindelik genoeg moed bymekaargeskraap en gevra of ek ʼn foto mag neem. Wou dit met julle almal deel!”

This is the coolest guy he rescues stray dogs and every morning he takes them for a train ride by our building, i finally got the courage up to ask if I could take his pic! Love this and had to share!

Posted by Tiffany Johnson on Thursday, 17 September 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.