Troeteldierrot het self skilderye geverf

Foto: Amalie Markota Andersen/Tumblr

ʼn Kunsstudent het haar troeteldierrot geleer hoe om met sy pote te verf.

ʼn Reeks foto’s van dié “waterverf-skilderye” het opslae gemaak op die internet.

Amalie Markota Andersen, ʼn animasie- en digitalekunsstudent van Askim, Noorweë, het foto’s van Darius se skilderye op Twitter gedeel. Sy het Darius se werk ook op Tumblr gedeel. Volgens Amalie het Darius sy eerste skildery in Januarie 2018 geverf.

“Ek het ʼn niegiftige waterverf-stel gekry, sy klein handjies en pootjies daarin gedruk en hom op die papier laat rondloop totdat dit soos iets gelyk het,” het sy verduidelik. Dit het Darius ongeveer 10 minute lank geneem om ʼn skildery te verf.

Sy is ietwat teleurgesteld dat sy die oorspronklike skildery verkoop het. “Maar dis ook lekker om te dink dat sy skilderye iewers daar buite is!” Sy het die geld gebruik om ʼn klein harnas te koop waarmee Darius veilig die natuur buite kon verken.

Amalie het Darius in 2017 aangeneem – maar nie geweet hoe oud hy is nie. Sy het Darius beskryf as “skaam en teruggetrokke wat graag naby haar wou wees, net soos ʼn babatjie”, ondanks die feit dat sy vermoed het hy reeds ʼn paar jaar oud was.

Darius het vroeër in 2019 heengegaan. Amalie het twee ander rotte – Gucci en Mango. “Ek het [Darius] in ʼn vreemde tyd in my lewe gehad toe ek nog probeer bepaal het wie ek as mens is en wat ek graag wil doen. Hy was my lig in die donkerte, as jy dit so wil stel.”

Nou leef Darius voort in die skilderye wat op sosiale media gewildheid verwerf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Helene ·

Hulle is Baie intelligent en Baie oulik. Baie mooi skildery!

KrokodilBotha ·

My kat het homself geleer om rotte te vang. Oulik ne.

Rikku ·

Ek maak Maromoset babas groot van dag een af. Hulle is so klein jy kan hulle in die palm van jou hand toe maak . My werkgewer het my toegelaat om hulle werk toe te bring. Op ‘n dag bring hy toe vir my ‘n baba eekhrongtjie en my moeder instink skop dadelik in, en ek maak die ” Klein eekhoringtjie ” tussen my borste groot. Na ‘n Maand kom ek agter hy lyk nie soos ‘n eekhorintjie nie, en ek Google, en vind uit dat hy eintlik ‘n baba Rot is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.