Troue gekanselleer toe bruidegom ‘wiskundetoets’ dop

Argieffoto (Foto: Stocksnap/Pixabay)

Dié bruidegom kon hom nooit indink dat ʼn eenvoudige wiskundetoets daartoe sou lei dat sy bruid wegstap nie. Hy het Saterdagaand in sy spoggerige uitrusting by die onthaal aangekom, maar die bruid – wat sy opvoeding bevraagteken het, het hom gevra om die tweemaal-tafel op te sê voor sy trou aan hom beloof.

Die bruidegom kon dit nie doen nie, en die troue is gekanselleer, berig Gulf News.

Vinod Kumar, ʼn beampte van Panwari, het gesê dit was ʼn gereëlde troue en die bruidegom kom oorspronklik van Dhawar in Mahoba in Indië.

Lede van die twee families en verskeie inwoners het reeds by die onthaal aangekom. Net toe die huweliksbevestiging sou begin, het die bruid weggestap en gesê sy kan nie met iemand trou wat nie die basiese beginsels van wiskunde ken nie. Vriende en familielede kon haar nie van plan laat verander nie.

Die bruid se neef het gesê hulle was geskok om te hoor die bruidegom het geen opvoeding nie. “Die bruidegom se familie het ons om die bos gelei oor sy opvoeding. Hy het moontlik nooit eers skool toe gegaan nie. Die bruidegom se familie het ons bedrieg. Maar my dapper niggie het weggestap sonder vrees vir wat die mense sou sê.”

Die polisie het nie ʼn saak aanhangig gemaak nie – albei partye het ʼn ooreenkoms aangegaan toe bekende inwoners in die dorp ingegryp het. Die ooreenkoms bepaal dat die families die geskenke en juwele sal teruggee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stof ·

Oeps, ek is in die moeilikheid. Ek ken nie die 21 maal tafel nie. Sal maar moet vrede maak met ‘n teddiebeer solank ek nog in die aardse dimensie is.

Misky ·

Klink soos ‘n episode uit Big Bang Theory en iets wat Sheldon sou doen – ha ha ha

MakersMark ·

Seker ‘n gereëlde huwelik soos wat tradisioneel nog baie in Indië plaasvind. Bruid het goed gedoen wie wil ‘n leeftyd met ‘n ongeletterde opgeskeep sit ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.