Troue vinnig verby vir gewapende bruid

Kate Elizabeth Prichard (Foto: Reuters via ANA)

Dié wittebrood het nie lank gehou nie. Enkele ure nadat sy “ja” beaam het op die belofte om haar nuwe man deur dik en dun by te staan, het dié bruid ʼn vuurwapen onder haar trourok te voorskyn gebring en die sneller getrek.

Kate Elizabeth Prichard (25) van Kenton, Tennessee in Amerika, staan tereg op aanklag van verswarende huishoudelike aanranding.

Haar man, James Burton, is nie Maandag tydens die voorval beseer nie.

“Beamptes op die toneel het aan haar man gesê die wittebrood is verby en sy nuwe vrou is op pad tronk toe,” het sers. Kyle Evans van Murfreesboro-polisie aan WTVF-TV gesê.

Prichard was nog in haar trourok toe sy in hegtenis geneem is, het Evans verduidelik.

Sy en Burton het glo vroeër by die Clarion Inn-motel naby Murfreesboro ʼn woordewisseling gehad.

Sy het eers die 9 mm-pistool op haar man se kop gerig en die sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie. Sy het daarna weer ʼn patroon gelaai en in die lug in geskiet, volgens hofdokumente.

Dis nie duidelik of Prichard geweet het daar is nie ʼn koeël in die vuurwapen toe sy die eerste keer die sneller getrek het nie.

Die polisie het by die toneel opgedaag toe omstanders hulle in kennis gestel het dat ʼn vrou gedreig het om haar man te skiet. Die paartjie het alle bewerings ontken en wou nie met die polisie saamwerk nie.

Evans wou nie Woensdag verder kommentaar lewer nie. Prichard en Burton was ook nie beskikbaar vir kommentaar nie. ʼn Bestuurder by die Clarion Inn wou ook nie kommentaar lewer nie.

Dis nog nie duidelik of Prichard ʼn prokureur het nie.

Volgens Rutherford County-gevangenis het Prichard $15 000 oorbetaal vir borgtog.

(Berig deur Chris Kenning in Chicago en Tim Ghianni in Nashville)
-Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Uvonka ·

Ek glo nie hulle het al by die brandewyn uitgekom nie, i.p.v dat se sy I do, toe se sy I kill you! mense is lekker getik deesdae!

Tot die dood ons skei... ·

…sy was duidelik nie lus vir n laaaang huwelik nie!

Gideon ·

Sy het duidelik die skoot hoog deur en ja…..die koeel is nou deur die kerk……???

Riaan ·

Mmmm..dra bruide nou al pistole onder hulle trou rokke?….ek dink ni ek wil meer trou nie!..??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.