Troufoto versprei soos ʼn veldbrand

Die besonderse foto wat Dwayne Schmidt geneem het Foto: Dwayne Schmidt Photography, Facebook

Die besonderse foto wat Dwayne Schmidt geneem het Foto: Dwayne Schmidt Photography, Facebook

ʼn Foto van ʼn Amerikaanse soldaat en sy bruid wat gou voor die diens bid en om die hoek staan sodat hulle mekaar nie voor die seremonie moet sien nie, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

ABC berig korporaal Caleb Earwood wou Saterdag net vinnig voor die seremonie in Asheville, North Carolina, saam met sy bruid Maggie bid. “Hulle het my in ʼn kamer weggesteek en hy het op die trap gaan staan en net sy hand uitgesteek,” het Maggie aan ABC News gesê. “Ek het sy hand vasgegryp.”

Maggie sê Caleb het gebid vir hul huwelik en gevra dat hul band stewig genoeg moet wees om as ʼn voorbeeld te dien vir ander jong paartjies. “Dit het my gebreek om te weet dat ons dieselfde oor God voel. Dit het my net so gelukkig gemaak.”

Troufotograaf Dwayne Schmidt het die oomblik vasgevang. Hy het dit op sy Facebook-blad gelaai waar dit ʼn oorweldigende positiewe reaksie ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eileen

Wat ‘n pragtige paartjie! Mag God julle huwelik seen.

Anita

Ek glo beslis in die liefde en God.

En hier kom die maar…………. Om eers op jou huweliksdag uit te vind hoe julle saam oor God voel? Ek sou dink dis ‘n gesprek wat heel in die begin moes plaasvind.

Nietemin, ek wens hulle alles van die beste toe.

Milan Bye

Dis so spesiaal…. :)

Rieks

Hierdie huwelik is sowaar op die regte beginsels begin. Ek is in die bevooregde posisie dat ek weet my klein neef en sy vrou het dieselfde ritueel gevolg. Sy was aan die een kant van die deur en hy aan die ander kant en hulle het ook saam gebid vir hulle toekoms wat daardie dag saam begin het. Ek dink soveel huwelike sal werk as geloof die nommer 1 in jou lewe is en dan nommer 2 jou toegewydheid aan mekaar en nommer 3 kommunikasie. Sommige jong mense gooi deesdae te gou handdoek in en die skeihowe en prokureurs maak… Lees meer »

Johann Verster

Dankie Maroela Media – wie en wat en waar julle ook al is – vir die netjiese Afrikaans vir “wedding picture goes viral”. As ek nog een keer iewers sien of hoor mense praat van iets wat “viral gegaan het” gaan ek iets oorkom!