Troufoto versprei soos ʼn veldbrand

Die besonderse foto wat Dwayne Schmidt geneem het Foto: Dwayne Schmidt Photography, Facebook

Die besonderse foto wat Dwayne Schmidt geneem het Foto: Dwayne Schmidt Photography, Facebook

ʼn Foto van ʼn Amerikaanse soldaat en sy bruid wat gou voor die diens bid en om die hoek staan sodat hulle mekaar nie voor die seremonie moet sien nie, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

ABC berig korporaal Caleb Earwood wou Saterdag net vinnig voor die seremonie in Asheville, North Carolina, saam met sy bruid Maggie bid. “Hulle het my in ʼn kamer weggesteek en hy het op die trap gaan staan en net sy hand uitgesteek,” het Maggie aan ABC News gesê. “Ek het sy hand vasgegryp.”

Maggie sê Caleb het gebid vir hul huwelik en gevra dat hul band stewig genoeg moet wees om as ʼn voorbeeld te dien vir ander jong paartjies. “Dit het my gebreek om te weet dat ons dieselfde oor God voel. Dit het my net so gelukkig gemaak.”

Troufotograaf Dwayne Schmidt het die oomblik vasgevang. Hy het dit op sy Facebook-blad gelaai waar dit ʼn oorweldigende positiewe reaksie ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anita ·

Ek glo beslis in die liefde en God.

En hier kom die maar…………. Om eers op jou huweliksdag uit te vind hoe julle saam oor God voel? Ek sou dink dis ‘n gesprek wat heel in die begin moes plaasvind.

Nietemin, ek wens hulle alles van die beste toe.

Chris ·

nee wat daar is geen maar nie. Hulle het lankal daaroor gepraat dit was net n baie spesiale gebed vir hulle gewees.

Sune van Heerden ·

Dagsê Anita

Ons vra om verskoning as die inligting só in die berig oorgedra is. Ons kan net aanneem dat die paartjie al lankal presies weet hoe hulle voel, sy het maar net opnuut besef hulle voel dieselfde.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Anita ·

Dankie Suné, ek het dit dalk net die bruid se kommentaar verkeerd geïnterpreteer en verstaan. Dis bly ‘n besondere foto, ongeag.

Ek geniet julle webtuiste vreeslik baie, doen so voort.

Rieks ·

Hierdie huwelik is sowaar op die regte beginsels begin. Ek is in die bevooregde posisie dat ek weet my klein neef en sy vrou het dieselfde ritueel gevolg. Sy was aan die een kant van die deur en hy aan die ander kant en hulle het ook saam gebid vir hulle toekoms wat daardie dag saam begin het. Ek dink soveel huwelike sal werk as geloof die nommer 1 in jou lewe is en dan nommer 2 jou toegewydheid aan mekaar en nommer 3 kommunikasie.
Sommige jong mense gooi deesdae te gou handdoek in en die skeihowe en prokureurs maak lekker geld!

Johann Verster ·

Dankie Maroela Media – wie en wat en waar julle ook al is – vir die netjiese Afrikaans vir “wedding picture goes viral”. As ek nog een keer iewers sien of hoor mense praat van iets wat “viral gegaan het” gaan ek iets oorkom!

Shannon ·

Ek hoop die paartjie het seker gemaak hulle het royalty regte op die foto. Sal darem so verkeerd wees as hulle nie `n sent verdien op hierdie pragtige gebaar hier op die hoek nie.

Hanlie ·

Ek is vandag 26 jaar getroud. Die dag wat ons getroud is het ons getrou met God as die middelpunt van ons huwelik. Ons huwelik was defnitief nie elke dag op ‘n glade see nie, daar was reuse storms en klein storms wat ons moes trotseer (soos bv ek wat nie kon swanger raak na al die behandelings nie). Wat altyd belangrik vir ons was (en steeds is) was om te luister wat God se, daar te wees vir mekaar en kommunikasie. Hierdie 2 mensies begin hulle huwelik met die regte bestanddele.

Anoniem ·

Ek voel jammer vir mense wat dink dat God niks te doen het met ‘n goeie huwelik nie.
God is in beheer van jou huwelik of jy dit nou wil weet of nie.
Dalk bid jy nie vir jou huwelik nie, maar iemand anders doen dalk……. Dis dalk die enigste rede dat dit goed gaan met jou huwelik.
Sterkte!

Piet Pompies ·

Alle eer aan God en almal wat Hom as sy verlosser aanvaar het!

Ronel ·

Ek voel soooo jammer vir mense wat God nie ken nie en Hom nie wil ken nie. Daar kom n dag wat jy Sy hulp bitter nodig gaan kry, maar vir sommiges is dit dalk net te laat.

Tewie ·

Daar is vele wat die opinie huldig dat hulle alles self kan doen en God nie nodig het nie. Hulle mag dit dalk regkry, maar ai, wat gebeur as hulle sterf en nie die Ewige Lewe beerwe nie. Wat ‘n tragedie sal dit nie wees nie?

Remondo ·

Wow aan God die eer vir so n paartjie mag hul gelukkig en geseend wees.

Amanda ·

Ag Maroela, ekt geweet julle sal my kommentaar verwyder, te kontroversieel, en ja ek dink ek het die debat gewen want as julle vol vertroue was in jul siening sou julle my verkeerd bewys het, hey ho, ek weet my kommentaar sal nie gewys word nie maar dis okey, ek`t my debat gewen, dankie.

Susan ·

Die gesamentlike gebed is mooi, maar waarom dit nou juis doen wanneer ‘n mens mekaar nie mag sien nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.