Tuimeltrein raak onklaar; passasiers moet self afklim

Passasiers stap teen die steil spoor terug grond toe (Foto: Skermgreep uit die video)

Passasiers moes Sondagmiddag self sowat 65 meter grond toe stap toe die Verenigde Koninkryk se hoogste tuimeltrein onklaar geraak het. The Big One is ʼn tuimeltrein by Blackpool Pleasure Beach in Lancashire en het naby die piek onklaar geraak en tot stilstand gekom.

Toe dit in 1994 oopgemaak is, was The Big One die grootste en steilste tuimeltrein in die wêreld en het twee jaar lank met dié rekord gespog. Dit is tans steeds die hoogste tuimeltrein in die Verenigde Koninkryk op 65 meter.

Volgens Lancashire Live het personeel van die pretpark teen die stellasie opgeklim en gespanne passasiers weer teen die steil spoor na die grond toe begelei. Foto’s en video’s van die voorval is wyd op sosiale media gedeel.

ʼn Woordvoerder van Blackpool Pleasure Beach het aan The Mirror gesê die voorval het omstreeks 11:30 plaasgevind. “Die besluit is geneem om die rit te stop en alle passasiers is veilig teen die spoor afgelei. Die rit is nagegaan en het omstreeks 13:00 weer oopgemaak.”

Posted by Margaret Summers on Sunday, April 25, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Ek kan nie glo hulle het dit dieselfde dag weer oopgemaak nie en mense ry verder asof niks gebeur het nie

Sandra ·

No ways gaan ek teen daardie stellasie afloop so ver in die lug en sonder ‘n harnas nie. Ek gee nie om of Indiana Jones of ‘n Boesman tracker my aflei nie, ek bly waar ek is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.