Twee vas wat teen Christusbeeld opklouter

Christus die Verlosser op die Corcovado-berg (Foto: Klaus with K via Wikimedia Commons)

Brasiliaanse owerhede het Maandag twee Franse toeriste in hegtenis geneem nadat hulle die sonopkoms oor Rio de Jainero vanaf die bokant van die ikoniese ‘Christus die Verlosser’-standbeeld aanskou het.

Clement Dumais (28) en Paul Roux-dit-Buisson (27) het die perseel van die 38 meter lange standbeeld Sondagaand betree en daar gebly ná die erfenisgebied sy deure vir die dag aan alle besoekers gesluit het.

Die twee mans het net voor dagbreek ingesluip, ʼn lang draaitrap opgeklim en deur ʼn opening by een van die Christusbeeld se arms uitgeklim om van daar die uitsig oor die stad en Guanabarabaai te besigtig. Die uitgestrekte arms van die standbeeld is 28 meter lank.

Die twee toeriste se avontuur het egter tot ʼn einde gekom toe sekureitswagte die manne gewaar.

“Ons het op die arms en kop van die standbeeld gestaan, toe die sekuriteitswag ons raakgesien het,” het Roux-dit-Buisson aan AFP gesê.

Die twee mans is daarna in hegtenis geneem en is vrygelaat op borgtog van 10,000 Brasiliese real (sowat R28 500). Die twee moet egter nog voor ‘n regter verskyn.

Die toerisme-polisie van Rio de Janeiro weier om enige kommentaar te lewer en sê dat hulle die voorval ondersoek. Die twee oortreders wat van Parys afkomstig is, het al soortgelyke skandale op ikoniese argitektoniese terreine in Doebai, New York en Parys uitgevoer en hul avonture op sosiale media gedokumenteer.

Alhoewel owerhede beslag gelê het op al die foto’s en video’s wat die mans bo-op die Christusbeeld geneem het, sê die reisigers dat hulle nie spyt is nie. “Die uitsig was mooi. Min mense kry kans om dit te sien,” het Roux-dit-Buisson bygevoeg. “Ons kon binne-in die vel van Christus kom.”

Die standbeeld van Christus die Verlosser, wat in Oktober sy 90ste bestaansjaar vier, is onlangs opgeknap met die hulp van professionele klimmers nadat die standbeeld in 1991 en in 2010 met graffiti gevandaliseer is.

Saam met die Suikerbroodberg is die ikoniese standbeeld, bo-op die Corcovado-berg, die gewildste toeristeaantreklikheid in die hoofstad van Brasilië, met byna twee miljoen besoeke elke jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Sjoe, wens ek kon die foto’s en videos van daai uitsig gesien het

Hanswors. ·

Lees weer Dola.
Die twee mans het net voor dagbreek ingesluip, ʼn lang draaitrap opgeklim en deur ʼn opening by een van die Christusbeeld se arms uitgeklim om van daar die uitsig oor die stad en Guanabarabaai te besigtig.

AmY ·

Dankie. Maar ek het nie geweet daai opening is só groot nie.

Hanswors. ·

Lees weer Dola.

Alhoewel owerhede beslag gelê het op al die foto’s en video’s wat die mans bo-op die Christusbeeld geneem het,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.