Twee weke later het sy slegs 140 m ver ‘gevlug’

Aboo, die skilpad wat ontsnap het

ʼn Voortvlugtige skilpad, wat uit ʼn dieretuin ontsnap het, is twee weke later 140 meter vanwaar sy ontsnap het, gevind.

Die reuseskilpad het uit ʼn dieretuin in Okayama, Japan ontsnap. Seiichi Tona en sy tienerseun, Akira, het ʼn beloning van ¥500 000 (ongeveer R60 000) ontvang nadat hulle Aboo verlede Woensdag gevind het.

Aboo, ʼn 35-jarige Aldabra-skilpad wat meer as 50 kg weeg, is laas op 1 Augustus in die dieretuin gesien.

“Ek is baie verlig dat ons haar teruggekry het,” het Yoshimi Yamane, woordvoerder van die dieretuin, gesê. Aboo het nie enige beserings opgedoen nie en was in ʼn “perfekte toestand”. “Sy kry nou baie kos om te eet,” het Yamane bygevoeg.

Die dieretuin het verlede Dinsdag ʼn kontantbeloning aangebied vir enigiemand wat Aboo sou opspoor, om die gemeenskap aan te moedig om ook aan die soektog deel te neem.

Tatsuaki Murase het verduidelik Aboo was in ʼn gebied wat nie omhein was nie, en het, sedert sy in 2004 by hulle aangekom het, nog nooit vantevore probeer ontsnap nie. Beeldmateriaal het egter gewys dat sy op 1 Augustus die gebied verlaat het.

Die dieretuin het aanvanklik vermoed sy is dalk ontvoer.

Besoekers, veral kinders, is dol oor Aboo en sy is “een van die gewildste diere by die dieretuin”, het Murase bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nico K ·

Die skilpad het weggehardloop! (Soos Tolla se storie van die ou in die Vrystaat wat se vrou van die huis weggeloop het en 2 dae later toe hy by die venster uitkyk toe sien hy daar loop sy nog steeds.)

Louis ·

Ja Nico K Dit is maar ‘n swak storie van Tolla hy ken nie die Vrystaat nie. Ken jy die Vrystaat.!!!!

A ·

Ek sou ook wou weghardloop as ek sy was. Maar dan aan die ander kant is sy in Japan waar hulle skilpaai eet. Arme ding.

amvi ·

Ja jinne Olifante vlug see in om weg te kom uit India, Skilpad vlug van Japanese. En dan kom ons by Afrika………miljoene diere sal sekerlik dieselfde wou doen om net weg te kom van die wreedheid van die MENS.

Mike Kaapstad ·

arme skillie wens seker hy het n skaatsplank gehad , ……………….

meraai ·

My oom het ‘n skilpad gekry wat raak gery is. Vat hom huis toe en hou hom vir ‘n week of wat tot hy gesond is. Ry toe met skilpad na ‘n plaas toe waar my oom werk gedoen het. Toe my oom weer sien het skilpad by die huis opgedaag. Selfde vat skilpad weer terug plaas toe. Toe my oom hulle weer sien daag skilpad weer op by die huis. Lyk my skilpad het besluit lewe is goed hier op die dorp en bly na al amper 10 jaar by my oom hulle op die dorp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.