Tweejarige word lid van Mensa

Isla McNabb (Foto: Guinness-wêreldrekords)

Isla McNabb van Crestwood, Kentucky in die VSA, het as tweejarige die jongste lid ooit geword van Mensa, ʼn vereniging vir persone met ʼn hoë IK.

Guinness-wêreldrekords het haar besonderse intelligensie bevestig en gesê Isla het in die 99ste persentiel van haar ouderdomsgroep op die Stanford-Binet-intelligensieskaal geëindig.

Sy het kognitiewe vermoë ver bo haar ouderdom getoon en het waarskynlik ʼn belowende toekoms.

Mensa International is die grootste en oudste hoë-IK-vereniging in die wêreld met meer as 140 000 lede in meer as 100 lande. Om ʼn lid te word, moet individue hoër as die 98ste persentiel eindig op ʼn gestandaardiseerde IK-toets. Dit beteken dat dié groep mense onder die top-2% van die bevolking is wat intelligensie betref.

Volgens Guinness-wêreldrekords het Isla se ouers opgemerk dat sy haar aandag goed kan fokus van die oomblik wat hulle haar huis toe gebring het. Alhoewel sy klaarblyklik baie skrander is, het niks buitengewoon gelyk nie – totdat sy begin leer het. As eenjarige het Isla reeds kleure, syfers en die alfabet begin leer.

“Op sewe maande kon sy reeds sekere items uit prenteboeke uitwys wanneer sy gevra is,” het haar pa, Jason McNabb, gesê.

Volgens Guinness het Isla op haar tweede verjaarsdag ʼn uitwisbare tablet van haar tannie Crystal gekry – en dit het die weg gebaan vir ʼn verstommende onthulling.

Pa Jason het “rooi” op die bordjie geskryf, en Isla het die moeiteloos gelees.

Sy het daarna woorde soos “blou”, “geel”, “kat” en “hond” gelees – elk met dieselfde selfvoldane reaksie.

Isla McNabb (Foto: Guinness-wêreldrekords)

Isla se ouers het daarna op gekleurde speelgoedletters afgekom wat in die huis uitgestal is. Letters soos “c-h-a-i-r” het langs die stoel gestaan en “s-o-f-a” langs die rusbank. Selfs langs die kat Booger was die letters “c-a-t”. Isla se geletterdheid het haar gesin verstom gelaat.

ʼn Sielkundige wat haar getoets het, spesialiseer in begaafde kinders, het Jason bygevoeg. “Hy toets gewoonlik nie kinders op só jong ouderdom nie, maar het ʼn uitsondering gemaak toe hy van haar talent te hore gekom het.”

Isla, wat nou drie jaar oud is, is tans by ʼn voorskool ingeskryf. Haar ouers hoop om ʼn individuele opvoedingsplan vir haar te kry.

Sy hou van leer en alhoewel sy bogemiddeld is in ʼn rits vakke, vaar sy veral goed in wiskunde en leesvermoë.

Sy verras haar ouers gereeld met die kennis wat sy opdoen.

“Sy spreek woorde soms verkeerd uit wat sy waarskynlik geleer het deur te lees,” het Jason bygevoeg. “Sy het verlede week haar hande gewas, maar ‘germs’ met ʼn harde G uitgespreek.”

Isla het ook begin om vir haar ouers die alfabet in Amerikaanse gebaretaal te wys, en hulle probeer nog bepaal waar sy dit geleer het.

Sy hou van teken, skool en om met Booger te speel. Sy lees ook graag boeke en The Very Hungry Caterpillar en Pete the Cat-boeke is van haar gunstelinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ragnarok ·

Op vandag se standaarde is dit goed. 50 jaar gelede kon meeste kinders meeste daarvan doen nog lank voor skool.

Bolandse Nooi ·

@Ragnarok …. ek weet nie van 50 jaar gelede nie … ek dink nie EK kon op 3-jarige ouderdom al lees, skryf en spel nie. Ons het lekker rof buite die huis gespeel. Ons het eers van 6-jarige ouderdom af skool gegaan. Jy moet onthou: hierdie meisiekind is in die VSA, níé in Suid-Afrika nie. Dis ‘n geheel-en-al-ander groep-genetika waarvan ons hier praat.

Ragnarok! ·

Bolandse Nooi. Ek glo nie die feit dat sy in VSA is, maak n verskil. Toe ek op skoop was, was dit bekend dat SA se matriek hoogs aangeskrewe was. Hoër as VSA sn. Ek persoonlik het op 5 begin skoolgaan. Lank voor skool geleer om my eie bed op te maak. En nee. Ek was n normale kind. Wat ure buite gespeel het. Moddekoekies gebak het, kleilat gespeel het. Kettie geskiet het.

Frank ·

Ek is seker dat, as sy Afrikaans was, die 3 jarige vir iemand hier op die paar spel en gramatika foute kon wys of dalk verstaan ek verkeerd en bedoel hy dat, voor skool, hy beter kon doen as nou as ‘n grootmens.

Highlander ·

Nee Frankie. Ek bedoel dat, toe ek n kind was, was ons vroeg vroeg gestimuleer om vooruit te gaan, sonder om ons kindwees in te boet. En dat SA se matriek in die 70’s en 80’s, hoër aangeskryf was as VSA s’n. Inteendeel, gelykstaande aan hul 1ste jaar universiteit. Maar al die rugby en dop het die afrikaners daarvan laat vergeen

Vriendelike Frikkie ·

@Ragnarok! – Ek stem saam. Dit is seker uitsondelik vir vandag se tyd. Soos jy sê, ons het normaal buite groot geword en wanneer ons iets wou weet het jou Ma, wat by die huis was, jou gehelp. Ons het nie Ritalin gehad om die leergierigheid te onderdruk nie. My Ma het ‘n stel ensiklopedieë gehad waarmee sy ons besig gehou het. Die deurblaai van die boeke het my gedwing om te leer lees op 3-4. Hoe meer ons kon lees, hoe “slimmer” het ons geword. Ek is skooltoe op 5. Dit het nie van my ‘n sielkundige wrak gemaak soos baie “slimmes” beweer nie. Ek en ‘n paar maatjies, was net altyd die jongste in die klas. Niks wat my ‘n sielkundige knak gegee het nie.

Theresa ·

Die dogtertjie lyk ouer as wat hulle sê, en ook groter van postuur, miskien alles deel van haar voortreflike IK

Estelle ·

Ek is ook een van die 1980’s se matrikulante gewees en ons het n Engelse onderwyser in St 7 (Gr 9) gehad wat ons forseer het om sekere periodes die Engelse woordeboek in sy klas te “lees”. Daai tyd was dit n straf maar vandag is ek glad nie spyt daaroor nie.

Highlander ·

Vriendelike Frikkie. En my ma het my op drie jaar toegelaat om die ondenklike te doen. Comics te lees. Op drie kon ek engels lees. Danksy Casper, Richie Rich, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.