Tweeling trou met tweeling: Kyk hoe lyk die babas

(Foto: SalyersTwins/Instagram)

Die identiese tweeling Briana en Brittany (35) het met ʼn identiese tweeling, Josh en Jeremy Salyers (37) getrou. En nou spog dié twee egpare elkeen met ʼn baba wat geneties só soortgelyk is, dat die nefies eintlik broers kan wees.

Die Salyers se twee babas is Jett (wat sy eerste verjaarsdag in Januarie gevier het) en Jax, wat in April sy eerste verjaarsdag sal vier.

“Hulle is die kinders van identiese tweeling-ouers en is minder as nege maande ná mekaar gebore,” verduidelik Brittany. “Tweelinge wat met tweelinge getrou het en saam babas gehad het.”

Omdat identiese tweelinge dieselfde DNS deel, is die kinders van twee pare identiese tweelinge wettig nefies, maar geneties is hulle soortgelyk aan broers.

Die sussies het heimlik gehoop dat hulle met ʼn kwaternêre tweeling sal kan spog. “Daar is slegs 300 kwaternêre huwelike waarvan ons weet in die geskiedenis.”

Die egpaar het ʼn gesamentlike Instagram-blad, bly onder dieselfde dak in Virginia in die VSA en bedryf saam ʼn trou-venue.

Die twee paartjies het vier jaar gelede verloof geraak. Brittany en Briana het gedink hulle is by Twin Lakes-park om ʼn advertensie vir die park te verfilm, maar toe was die kameras eintlik daar omdat Josh en Jeremy gereël het dat Inside Edition die dubbele verlowing kon verflim. Hul herdenking het vanjaar op die spesiale “twee”-dag, 22-02-2022, geval.

(Foto: SalyersTwins/Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pierre ·

defenitief nie identies nie beide die vroue en mans is heel duidelik onderskeidbaar

SomeOne ·

mag die Liewe Vader Sy hande van beskerming oor hul hou, dat daar geen terugslag in hul almal se lewens sal wees nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.