Tweelingbroers trou met tweelingsussies

Zheng Dashuang en sy broer Zheng Xiaoshuang met hul bruide, Liang Jing en Liang Qing

Gaste moes behoorlik kophou tydens dié dubbeltroue in China.

Die 26-jarige identiese tweelingbroers Zheng Dashuang en Zheng Xiaoshuang het op dieselfde dag met die 23-jarige tweeling Liang Jing en Liang Qing getrou.

Die paartjies het boonop besluit om eenderse klere aan te trek. Die mans het elkeen ʼn swart pak met wit hemde, rooi strikdasse en swart pette gedra, en die vroue het eenderse trourokke van kant gedra. Hulle haarstyle was boonop ook soortgelyk met rooi lipstiffie om by hul onderskeie gades se strikdasse te pas.

Die families het mekaar 10 jaar gelede ontmoet en na bewering het die ma’s dadelik begin beplan aan dié dubbeltroue.

Die egpare het op 3 Desember in Daqing, Heilongjiang trou aan mekaar beloof.

Alhoewel dit seldsaam is, vind kwaternêre troues wel plaas. Dit beteken alhoewel die egpaar se kinders mekaar se neefs en niggies is, sal hul DNS soortgelyk wees aan dié van biologiese broers en susters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bosbok ·

Hulle lyk glad nie na gelukkige paartjies nie – seker omdat dit al vir soveel jare beplan word vir hulle. Hoop maar dit was net n swak gekiesde foto.

Linda ·

My ma en haar suster is ook met twee broers getroud (nou nie tweelinge nie)! Hulle het ‘n dubbele troue gehad. My ma het vier dogters gehad en my tannie vier seuns. En op die 8ste Desember was dit 61 jaar gelede! Beide my ouers leef nog maar ongelukkig is my oom en tannie al oorlede.

Haan ·

Interessante feit: as twee pare tweelinge met mekaar trou en kinders kry, is die kinders IN GENETIESE TERME nie niggies en nefies nie maar broers en susters. (hoop dit maak sin)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.