Tye verander nie, wys huisvrou se 1957-dagboek

‘n Bladsy uit die dagboek

ʼn Huisvrou se dagboek uit 1957 wat in ʼn smouswinkel gevind is, wys dinge het nie veel oor die jare verander nie.

Die TikTok-gebruiker @Otherworlddesign se video’s is al deur miljoene gebruikers gekyk toe sy bladsye uit die dagboek gedeel het.

Sy het die dagboek in ʼn tweedehandsgoederewinkel in Wes-Tennessee in die VSA gevind en bepaal die vrou, slegs bekend as Nellie, was ʼn huisvrou ná sy deur die inskrywings gelees het wat vir ʼn jaar lank elke dag neergepen is.

Sy het die kort opsommings baie geniet en gesê die eienaar is iemand met wie mens jouself kan vereenselwig en video’s gedeel van ʼn paar van die inskrywings.

Op Sondag, 3 Februarie 1957, het Nellie bloot geskryf: “Het vandag niks gedoen buiten om te eet nie.”

Op Sondag, 10 November 1957, het sy gesê: “Winnie het gebel. Sy wou hê ek moet oorkom vir aandete. Ek was nie lus nie.”

Op 6 Oktober skryf sy: “Ons het gaan ry. In die woud stilgehou, het Vicki lekker skrikgemaak. Sy het in ʼn jakkalsgat rondgekrap en ek het soos ʼn jakkals geblaf. Sy het omtrent gewip [van skrik].”

In ʼn video met die onderskrif: “Elke dag was ongelukkig nie ʼn goeie dag vir Nellie nie”, lui die inskrywing: “Dis baie eensaam hier. Dit reën elke dag. Ons wou by mense gaan kuier, maar niemand was by die huis nie. Dit het gereën, so toe kom ons eerder huis toe.”

TikTok-gebruikers geniet die inskrywings en het die nuwe eienaar van die dagboek gemaan om elke dag ʼn bladsy te deel. “Sjoe, tye verander nie … Het vandag niks gedoen buiten om te eet nie. Dieselfde probleme,” het een gebruiker in die kommentaar geskryf.

“Hierdie is my ergste vrees. Mag myne asseblief in ʼn vullishoop opeindig,” het ʼn ander geskryf.

Nog ʼn persoon het laat weet hulle het ʼn soortgelyke vonds gemaak. “Ek het een keer op my ouma se ou dagboek afgekom. Sy het goed geskryf soos ‘Jack verveel my’. Jack is my oupa.”

@otherworlddesign

Reply to @lindsayosterhoff I found out her name is Nellie! #thrifted #thriftshop #diary #1950s

♬ Heart & Soul – 1940s Music

@otherworlddesign

Reply to @butterscotch_babe Now I’m suddenly interested in making my own slippers! Update vid on Nel coming soon! #1950s #diary #thrifted #thriftshop

♬ Blue Champagne – Charlie Ventura

@otherworlddesign

Sadly not everyday was a good one for Nellie ???? #1950s #diary #thrifted #thriftshop

♬ Lonesome Town – Ricky Nelson

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.