Uie as trougeskenk

Argieffoto (Foto: klimkin/Pixabay)

Kastrolle en glase en servette en tafeldoeke is gewoonlik deel van die lys geskenke wanneer iemand trou, maar dié groep vriende het besluit om ʼn ongewone geskenk aan die bruidspaar te gee – ʼn “duur” sakkie uie.

Die paartjie is in Tamil Nadu in Indië getroud en het dié snaakse, maar handige, geskenk ontvang, berig The Hindu.

Vier vriende van die bruidegom het die geskenk – ʼn 2,5 kg sakkie uie – vir die egpaar gegee.

ʼn Foto van die geskenk is ook op Twitter gedeel.

“Uie word teen Rs195 (ongeveer R40) per kg verkoop – dit is duur vir die gewone man op straat. So ons het die 2,5 kg sakkie uie teen Rs500 (ongeveer R104) by ʼn winkel in Cuddalore gekoop,” het een van die vriende aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.