Uil steel drawwers se hoede

Barred Owl (Strix Varia) Foto: Mdf via Wikimedia Commons

Barred Owl (Strix Varia) Foto: Mdf via Wikimedia Commons

Amptenare van die parkeraad in Oregon, Amerika, het persone wat vroeg in die oggend in die park in Salem gaan hardloop, gewaarsku oor ʼn uil wat glo hoede steel.

Die uil, ʼn barred owl (strix varia), het glo al minstens vier mense binne een maand in Bush’s Pasture-park aangeval. Niemand is ernstig beseer nie.

Keith Keever, superintendent van die parkeraad, het aan The Guardian gesê hulle het nog nooit vantevore van so iets gehoor nie.

Volgens ʼn voëlbewaringsgroep is dit moontlik slegs een uil wat die hoede steel en is hy moontlik meer aggressief, aangesien dit broeityd is.

Die park het intussen waarskuwingsborde aangebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.