Uiteindelik! ʼn Penvriend vir Paul

Jyah Elliott (Foto aan ABC verskaf deur Carla Elliott)

Paul Gilmore het 50 jaar lank gewag om ʼn penmaat te kry.

In 1969 het die 13-jarige Paul en sy gesin van hul huis in Engeland na Melbourne in Australië verhuis. Met die skip op pad na Australië, het hy ʼn paar leë glasbottels gekry en boodskappe in elkeen geplaas en die bottels, met die briefies in, op verskeie plekke in die see gegooi.

Hy het op die briefies versoek dat iemand sy penmaat sal word en ʼn brief vir hom sal stuur na sy nuwe adres in Australië.

Dekades lank het hy niks gehoor nie en hy het aangeneem sy boodskappe het in die oseaan verdwyn.

Die negejarige Jyah Elliot het egter verlede Dinsdag op een van dié briefies afgekom toe ʼn bottel by Talia Beach in die suide van Australië uitgespoel het. Hy het dieselfde dag nog ʼn reaksie gestuur. Jyah se brief het egter nie by Paul uitgekom nie, omdat die Gilmores intussen al ʼn hele paar keer verhuis het.

Die Australiese Uitsaaikorporasie het egter Paul deur sy uitgebreide familie in Australië en Engeland opgespoor.

Paul se suster het laat weet dat Paul tans op ʼn vaart in die Baltiese See. Hy sal beslis op Jyah se brief reageer sodra hy weer terug is by die huis.

Lees meer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misa ·

Wow, Jyah, dis so cool. Ek hoop jy kry ‘n brief van Paul af, en dat julle twee sommer lekker per brief, of dalk nou e-pos, sal kan kommunikeer.

Zettie ·

Dis ‘n wonderlike storie. Dalk het Paul tog ander briewe ook gekry, maar omdat hy so baie verhuis het in die tussentyd het dit dalk nooit by hom uitgekom nie? Mens sal nooit weet nie. Sommer lus en skryf ‘n brief aan my Ouma, sommer vir die lekker ♥

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.