Uiteindelik – troufoto’s ná 61 jaar!

Foto: Cambria Grace Photography

Foto: Cambria Grace Photography

Donald en Dorothy Lutz is al langer as 60 jaar gelede getroud, maar hulle het net een foto van die huwelikseremonie, aangesien hul fotograaf nooit opgedaag het nie, maar nou kan hulle spog met ‘n hele album vol foto’s wat geïnspireer is deur die Pixar-rolprent, Up.

Met die egpaar van Boston in Amerika se 61ste huweliksherdenking het Lauren Wells, wat met hul kleinseun getroud is, besluit om hulle te verras met ʼn fotosessie wat deur dié rolprent geïnspireer is.

Cambria Grace was die fotograaf, Caroline O’Donnell van Wild Folk Studio het die blomme behartig en Becky Brackett van Pop & Circumstance het vir die dekor gesorg.

Donald en Dorothy, of Gramps en Nina soos hulle beter bekendstaan, is altwee 82 jaar oud. Donald het glo destyds die groot vraag gevra deur Dorothy se ring in ʼn boks vol sjokolade weg te steek. Klik hier om meer oor hul liefdesverhaal te lees.

Klik hier om nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.